OVK: ‘Mense wat dubbeld stem sal vervolg word’

Masego Sheburi, die OVK se adjunk-hoofverkiesingskommissaris, spreek die media toe oor hoe die verkiesing verloop [8 Mei 2019]. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Woensdag gewaarsku dat kiesers wat probeer om twee keer te stem ernstige gevolge in die gesig staar, insluitend aanklagte van bedrog.

Sy Mamabolo, hoofverkiesingsbeampte, het dié waarskuwing vanuit die OVK se nasionale uitslagsentrum in Pretoria gegee nadat joernaliste gevra het oor mense wat beweer hulle het die ink van hul duime verwyder en vir ʼn tweede of derde keer in die sesde nasionale demokratiese verkiesing gestem.

“As daar mense is wat probeer om dubbeld te stem, dan is dit bedrog. Dit is iets wat die kommissie nie sal duld nie. As daar enige bewyse aan die lig kom van iemand wat probeer het of wat dit wel reggekry het om twee keer te stem, dan wil ons die besonderhede van daardie mense hê sodat ons vervolging teen hulle kan instel. Ons sal nooit ʼn situasie toelaat waar mense toegelaat is om twee keer te stem nie,” het Mamabolo gesê.

Masego Sheburi, die OVK se adjunk-hoofverkiesingskommissaris, spreek die media toe oor hoe die verkiesing verloop [8 Mei 2019]. (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

By dieselfde mediakonferensie het Masego Shiburi, die OVK se adjunk‑ uitvoerende hoof, bekendgemaak dat vyf stemlokale nie Woensdag oopgemaak kon word nie. Shiburi het gesê die OVK is oor die algemeen tevrede met hoe die verkiesing verloop het, hoewel uitdagings plek-plek ervaar is.

Shiburi het ook bevestig hy is bewus dat sommige stemlokale ʼn probleem ervaar het met stembriewe wat opgeraak het. Dié probleme is egter so gou as moontlik opgelos en stemmery by hierdie stasies het hervat.

Teen 21:00 het verslaggewers by die uitslagsentrum steeds angstig gewag vir die voorlopige uitslae om te begin instroom. Meer as 20 000 kiesstasies is nou amptelik gesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

33 Kommentare

jongste oudste gewildste
Antoinette

Ek begryp nie hoe enigeen 2x kan stem nie. Jou ID word mos afgemerk?

MCD

Kan maar net nie die lot vertrou nie. Eenmaal nou maar net skelm. Geen party staan ‘n regverdige kans as die ANC en EFF betrokke is. Dis is maar moeilik om eerbaar te wees.

Melanie

Stembriewe van voertuie “afgeval”, kiesers beweer hulle het meer as een keer gestem, stembriewe wat nie ‘n stempel op het nie, bokse stembriewe wat “weggeraak het” ens. En môre vertel Cyril die verkiesing was “free and fair”.

Gemaskerde Sopbeen

Begin sommer by die Boerelegioen se FB blad….Daar is twee persone wat beweer hulle het meer as een keer by verskillende stemlokale gaan stem nadat hulle hulle duim-merke verwyder het. As hulle dit kon regkry, hoeveel miljoene ander nie ook nie?

MCS

Hier in Witbank is mense wat by plekke geregistreer was by een lokaal na ‘n ander lokaal om te stem omdat die ry telank was. Blykbaar het jy net ‘n vorm ingevul waarop jy jou Adr aanbring en dan kon jy gestem het. So jou naam, van en ID was nie op die bladsye gedruk waar dit wettiglik af gemerk kon word nie. Die ink het ook sommer net af gewas so dit was seker maklik om by twee verskillende plekke tekon stem.