OVK sê oor elektrisiteit tydens verkiesing

Sy Mamabolo, hoof verkiesingsbeampte (Foto: Bongani Shilubane/African News Agency/ANA)

Sy Mamabolo, hoof verkiesingsbeampte van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gesê onlangse kragonderbrekings sal nie ʼn negatiewe impak op die verkiesing hê nie. Hy het gesê die OVK sal seker maak dat alle stempunte op 8 Mei elektrisiteit sal hê.

Mamabolo het Woensdag, ná politieke partye die OVK se gedragskode vir die 2019-verkiesing onderteken het, gesê die kragtoevoer is ʼn saak van kommer vir die verkiesing en hulle is besig om aan gebeurlikheidsplanne te werk. “Om die integriteit van die verkiesingsproses te verseker, sal ons alles in ons vermoë doen om seker te maak daar is genoegsame beligting by stempunte op die dag van die verkiesing.”

ʼn Rekordgetal van 48 politieke partye sal aan die nasionale verkiesing deelneem. Dit is 19 meer partye as die vorige algemene verkiesing in 2014.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, en Eskom kon vroeër vandeesweek tydens ʼn konferensie nie bevestig wanneer beurtkrag tot ʼn einde sal kom nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Thomas ·

Die algehele ineenstorting van SA is nou baie naby… Dis nie ‘n grap nie en mense moet nie dwaas wees en op Siener se sogenaamde voorspellings vertrou nie!

Johann cb ·

Die enigste negatiewe uitwerking sal hopelik wees dat die regerende party stemme sal verloor!

Hanna Hoekom ·

Inteendeel: ek dink die ANC sal die geleentheid misbruik om die uitslae te kook… Hulle weet goed hul steun neem af!

Gert van Wierdapark ·

Die man het moed om te reken die OVK sal seker maak dat al die stempunte sal krag he! Miskien moet hul afkorting lees: OKV = Onafhanklike Krag Voorsiener op 8 Mei 2019

Marinda ·

Hy kan seker maak hulle sal elektriesiteit hê, maar kan hy verseker dat daar nie loadshedding sal wees nie?

Agnes ·

“Praatjies vul geen gaatjies ” dis maklik om te praat en below earth maar nie een van die beloftes word uitgedra nie, hoekom? Te kort aan leierskap en organisasie. Stel die ou afgedankte personnel weer aan en jaar al die BEE personnel weg. Die bewys is daar 100 %, Hulle kan nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.