OVK-sentrum aan die brand gesteek

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Sentrum van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) is Donderdagaand glo deur inwoners van Alexandra in Gauteng aan die brand gesteek.

Brig. Neville Malila, ʼn polisiewoordvoerder, het Vrydag gesê ʼn kamer in ʼn gemeenskapsentrum wat deur die OVK gebruik is, is afgebrand. “Daar was mense in die sentrum tydens die voorval, maar niemand is beseer nie,” het Malila gesê.

Altesaam 31 mense is in hegtenis geneem en moet binnekort in die hof verskyn. Die rede vir die brandstigting is nog onbekend. – SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.