OVK-stembokse in Soweto gesteel

Argieffoto

Argieffoto

Stembokse van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) vir komende Woensdag se munisipale verkiesing is uit ʼn afleweringsvoertuig in Diepkloof, Soweto gesteel.

Die OVK het gesê die bokse het stembriewe vir wyk 29 en 31 in Johannesburg bevat.

“Dit is onwaarskynlik dat die oortreders bewus was dat dit stembriewe bevat het, aangesien die voertuig en bokse ongemerk is,” het die OVK gesê. “As deel van ons veiligheidmaatreëls, het elke stemboek ʼn unieke reeksnommer wat die OVK in staat stel om te weet presies watter stembriewe hierdeur geraak word, en dit kan onmiddellik verwerp word.”

Die kommissie het gesê die polisie het twee stelle boeke gevind en ʼn aantal briewe wat gebrand is. Die stembriewe wat gevind is, sal onder kwarantyn geplaas word. “Daar is gebeurlikheidsmaatreëls in plek om die stembriewe by die betrokke stempunte te vervang,” het die OVK bygevoeg.

Volgens die kommissie het die gesteelde stembriewe geen impak op die integriteit van die verkiesing in die twee wyke nie.

Elke stemboek het 100 stembriewe en die gesteelde boeke vir wyk 29 is 127 – 146 en vir wyk 31 is dit 76 – 113.

Die polisie se ondersoek oor die diefstal duur voort. Die diefstal het Donderdagaand plaasgevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Frederik ·

Die gesteelde stembokse is nie soseer ‘n probleem nie. Die aantal stemme wat die ANC Woensdag gaan steel, gaan wel ‘n probleem wees.

Jordaan ·

Onwaarskynlik dat hulle geweet het? Ek wonder daaroor, is dit nie maar net die voorbereiding om seker te maak dat die stemme “reg” uitgebring word nie?

Veritas ·

Met die geskiedenis van stembriefdiefstal in SA, is dit moeilik om te verstaan hoekom stembriewe in ‘n afleweringswa gelaat word. Dit wil amper voorkom asof dit met voorbedagte rade daar gelos is. Elke keer na so’n diefstal, word gesê dat dit nie ‘n impak op die stemmery het nie. Om watter rede sal enige gewone dief dan stembriewe wil steel? Seker maar vir tekenpapier vir sy kinders.

Johann Marx ·

Hulle’t die verkeerde voertuig geteiken. In die afleweringswa langsaan…..was komende Woensdag se verkiesings-uitslae!!!!!

Scalla ·

Dit bly n siek spul, dis hoekom dit seker onder kwaratyn geplaas word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.