OVK stuur SMS’e aan kiesers sonder adresse

Argieffoto

Argieffoto

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het Vrydag begin om SMS’e aan ongeveer 5,3 miljoen geregistreerde kiesers te stuur vir wie daar nie enige adresse op die kiesersrol beskikbaar is nie.

Die OVK het in ʼn verklaring gesê dit volg ná die konstitusionele hof in November verlede jaar in die Tlokwe-saak beslis het dat ʼn kieser se adres of voldoende besonderhede oor hul woning noodsaaklik is om seker te maak die kieser is in die regte stemdistrik geregistreer.

“Die SMS stel kiesers in kennis dat geen adres tans op die OVK se rekords beskikbaar is nie en maan hulle om hierdie naweek ʼn stempunt te besoek om hul adresbesonderhede op te dateer,” het Kate Bapela, woordvoerder van die OVK, gesê.

Die bewoording van die SMS (beperk tot 160 karakters) lui soos volg:

Dear voter, the IEC does not have an address for you. Pls visit your voting station 8am – 5pm on 9/10 April to update your details. Reply STOP to opt out. Rgds IEC

Ná die vorige registrasienaweek het dit aan die lig gekom dat ongeveer 6,92 miljoen kiesers op die kiesersrol nie enige adresbesonderhede beskikbaar het nie. Voor die registrasienaweek in Maart was dit 8 miljoen kiesers.

“Die OVK kon slegs vir 5,3 miljoen van die 6,92 miljoen kiesers selfoonnommers opspoor. Die OVK het ook gepoog om die oorblywende 1,6 miljoen kiesers in kennis te stel deur openbare kennisgewings en advertensies op die radio,” het Bapela bygevoeg.

Stemgeregtigdes kan hul registrasiestatus nagaan:
Besoek die OVK se registrasiewebwerf
Laai die app af
Skakel *120*432# (en volg die stappe)
SMS jou ID-nommer aan 32810 (R1 per SMS)
Skakel 0800 11 8000

Die stempunte is Saterdag en Sondag tussen 08:00 en 17:00 oop.

ʼn Afskrif van die REC 1-vorm kan op die OVK-webwerf afgelaai word en vooraf ingevul word om die registrasieproses te bespoedig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Peter ·

Hoe is dit dat OVK nou skielik nie meer kiesers se besonderhede het nie. Waarheen het dit verdwyn van na die laaste verkiesings af.

Wim ·

Snaaks ons familie stem al jare by dieselfde stempunt.Nou skielik het hulle nie my adres nie maar wel die res van my familie sin .Dit laat mens wonder hoe doeltreffend die OVK is? Ek wonder of die adresse dalk selektief weg geraak het.

Myrtle ·

Ek het ook so sms gekry, soos ook baie van my vriende, ons het almal gedink dit is ‘n standaard sms wat aan alle kiesers gestuur word. Ek neem toe vanoggend my dogter om te registreer, en vra hulle moet na my besonderhede kyk, en wraggies, geen adres!!! Ek stem al vir jare by dieselfde stempunt en het dieselfde adres al vir 17 jaar. Daar was nog nooit probleme nie. Wat het dan nou van die inligting geword?

Sarie ·

Stem ook al die afgelope twaalf jaar by dieselfde adres. Net nog weer ‘n vermorsing van staatsfondse om onbevoegde amptenare se gemors toe te smeer.

M A ·

Ek het ook n sms gekry. Meer as 5 miljoen adresse verdwyn? Hoe? Hulle het my foonnommer maar nie my adres nie?! Maar boetie, ek sal dit gaan regmaak. So maklik raak die ANC nie van my stem ontslae nie.

t ·

Daar is duidelik ‘n veldtog teen duisende blankes om hulle te ontmoedig om te gaan stem.Die VF + , Front Nasionaal , DA , ACDP ,gaan julle nie ondersoek instel na die bedrieglike bedrywigheid van die OVK nie????

Dalene ·

Wil graag weet waar het die OVK my selfoon nommer gekry. Het Mtn dit vir hulle gegee?

Manie ·

Beteken dit dus as jou adres nie nou daar is nie jy nie mag srem nie.
Dan indien jy nou gaan registreer en jy het nie vaste adres nie jy nie kan stem nie of wel kan stem?

Nicolene Nel ·

Met vorige registrasie in Febr stuur ons ID’s per sms. Alles reg Geregistreer vir amper 30 jaar by dieselfde adres. Vanoggend stuur ek weer. Kry antwoord waar ek geregistreer is maar my adres skielik moontlik onvolledig! Hoe verstaan jy dit?

Johan Terblanche ·

Ek het gisteraand ook so n sms gekry,toe ek vanmore daar kom is my adres daar maar toe ek sommer my ma se besonderhede kyk sien ek dat haar adres nie op is nie maar sy het nie so n sms gekry nie.Dit laat my wonder hoe effektief die stelsel regtig is .Wat sou gebeur het as ek nie myself vir haar gekyk het nie ,want sy was met die vorige keer daar om te kyk of ons op die kieserslys is en toe was alles reg.Ek vermoed dat as so n persoon gaan wil stem gaan hulle die persoon weier om te stem?

Chivago ·

Ek het ‘n probleem met die feit dat jy sommer net sê waar jy bly; dit beteken sekere partye kan kyk waar vaar hulle swak en voer dan wavragte vol kiesers in vir daardie area of hoe? Almal wat selfone het moes Rica, waarom nie hier ook nie?

M A ·

Goed, Rina sê as jou foon gerica is, is dit gekoppel aan jou ID. Nou, mens kan nie RICA sonder bewys van adres nie. As hulle jou foonnommer kan naslaan, dan hét hulle mos jou adres. Dis nou weer n slenter om ongunstige stemme ongeldig te maak.

Gerhard ·

Ek en my vrou het vir die vorige nasionale verkiesing geregistreer. Sy het n sms ontvang wat sê hulle het nie haar adres nie. Ek het geen sms ontvang nie en nou net gaan kyk en gesien hulle het ook nie my adres nie. Hierdie is n groot gemors.

Fritz ·

Met die vorige registrasie naweek was my naam op lys en ek het vorm ingevul met adres. Gister toe kry ek ook ‘n sms. Zimbabwe het dieselfde gedoen om Mugabe in sy stoel te hou. Zuma werk maar aan sy nalatingskap. OVK blyk nie meer so onafhanklik.

VOK ·

Solank jy geregistreer is kan jy stem, met of sonder ‘n adres. Hulle sal jou moet deregistreer om jou te keer, want ‘n geregistreerde kieser kan nie geweier word nie.

Robbie ·

Ek wil weet is dit net blankes wat sms gekry het ( ek dink dit moet geondersoek word ) dit maak nie sin.

Johannes Meintjes ·

Die 2016 OVK (IEC) e-handboek maak geen ophef van die adresse by stemprosedure. Na mening is dit weer ‘n ANC foefie om die verkiesing te vertroebel en o.a. verantwoordelike blanke kiesers te verwar. As jy jou ID en stemdistrik nagaan is die boodskap vaag en verwarrend oor jou adres. Anders moet daar maar nog ‘n stemregistrase naweek plaasvind. Onthou u kan by die OVK kantoor ook registreer.

Marieta Bodenstein ·

Ek wil graag my ondervinding met die lesers deel:- Ek stem ook reeds jare lank by n sekere skool, loop afstand van my woonplek. My buurvrou het n sms ontvang, dat haar adres ontbreek, en sy moet herrigistreer. Beide van ons het ook met n navraag na die OVK-sms nommer, bevestiging terug ontvang dat ons steeds by die gewone plek gerigistreer is. Ons is toe maar nietemin na die skool toe, om nou die nodige navraag te gaan doen. Daar vind ons dat ons altwee se name en adreste van die kieserslys verdwyn het! Ons was genoodsaak om daar en dan vorms in te vul en weer van vooraf te rigistreer. Hoeveel ander mense wie steeds glo hulle name verskyn op die kieserslys, maar nie gaan seker maak het nie, gaan hierdeur ontnugter word? En terloops, om te kan registreer is die volgende info nodig:- volle name en van, ID Nommer, woonadres, posadres, jou selfoonnommer (!) vir dié wat hieroor gewonder het.

Jan ·

Ek het ook ń sms ontvang om net my adres besonderhede op te dateer na 30 jaar ek het nie ń id boek nie maar wel ń paspoort en bestuurders lisensie en water en ligte rekening maar is nog steeds weg gewys nadat ek vir 30 jaar geen adres verandering gehad het nie . Sterkte my mense ek bid vir julle.

Tiger ·

Die her-registrasie storie nadat mens reeds van tevore geregistreer was by ‘n registrasie /stem punt EN van tevore daar gestem het is ‘n sirkus.Ek voel die oposisie partye moet nou opstaan en hul wantroue in die OVK se onpartydigheid bekend maak.Ek het geen sms ontvang nie maar toe ek my ID no instuur kry ek die antwoord dat my adres besonderhede onvolledig is en ek moet gaan her registreer!My man het dieselfde antwoord terug ontvang.Dit nadat ek en my man reeds twee maal tevore daar gestem het!Wat se bog is aan die gang??

Allison ·

In Maart is ons om te gaan kyk of ons op lys is. Toe is ons huis toe gestuur met ‘n ‘alles is reg’. Gaan kyk toe toevallig (na alle rumours deur die loop van die naweek) weer of ons op die lys is. En skielik is my adres verkeerd en moet ek en my man al2 die vorms invul. Wat my bekommerd maak is dat hulle nie eens ‘n bewys van verblyf gevra het nie – so, ek kon dus eintlik enige adres ingevul het. En, kry net die mense wat hulle adresse verander het, plakkertjies in hulle IDs? Dit voel vir my al asof daar iewerste ‘n groot slang in die gras is hierso …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.