OVK versoek om BLF-party te skrap

Andile Mngxitama, president van die BLF. Foto: ANA.

Solidariteit het vandag ʼn skrywe aan die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) oorhandig waarin hy formeel versoek dat dié entiteit Black First Land First (BLF) se registrasie as party skrap en hom sodoende verhoed om aan volgende jaar se verkiesing deel te neem.

Dit volg nadat die BLF se leier, Andile Mngxitama, verlede naweek opruiende uitsprake by ʼn BLF-byeenkoms gemaak het waaronder hy in geen onsekere terme nie toeskouers aangemoedig het om vyf wit mense te vermoor vir elke een swart persoon wat weens taxi-geweld sterf.

Solidariteit dra kennis daarvan dat die OVK reeds aangedui het dat hy die insident sal ondersoek en hulle die BLF ʼn geleentheid sal gun om hul uitsprake te verduidelik en klaarheid daaroor moet verskaf.

Volgens Werner Human, adjunkbestuurshoof van Solidariteit, is daar egter geen twyfel oor wat die bedoeling was wat Mngxitama met sy boodskap wou oordra nie. “Mngxitama het met sy uitsprake baie duidelik gestel dat hy glo dat ʼn sekere bevolkingsgroep as die vyand geag behoort te word en dat die groep mense vermoor moet word. Hierdie uitsprake kom dus neer op suiwer aanhitsing tot geweld en word uitsluitlik deur artikel 16(1)(c) van die Verkiesingskommissiewet verbied,” het Human gesê.

Volgens Human het die BLF dit voorts duidelik gemaak dat hy nie bereid is om in gesprek met die OVK te tree nie en aangedui dat hy die wapens sal opneem indien sy registrasie opgeskort word. “In die lig hiervan moet die OVK dus beslissend en in die belang van alle Suid-Afrikaners optree deur die BLF in kennis te stel dat hulle dit oorweeg om die BLF te deregistreer soos deur die Verkiesingskommissiewet bepaal word,” aldus Human.

Hy het voorts gestel dat Solidariteit bereid is om verdere regstappe te doen afhangend van die aksie wat die OVK ten opsigte van die geval neem.

Om Solidariteit se skrywe aan die OVK te lees, klik hier

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

leser ·

hoe wil di ovk dit “oorweeg” om die blf te de-registreer, met sy uitlatings “moet” die ovk die blf de-registreer in gevolge artikel 16(1)(c) van die verkiesingskommissiewet

Netta ·

Genade die ou hoort in die tronk vir als wat hy kwyt raak!! Wit vrou in die tronk oor 1 woord. Hy dreig om blankes dood te maak. Wat de hel??

Settlers ·

Settlers moet die land verlaat, maar settlers is goed genoeg om aan eskom geld te leen .Hulle soek net geld om hulle self te verryk .Ongelukkig as jy aard se goed aan hang is daar nie plek in die ewige lewe vir jou nie

lewies ·

Laat die stembus die BLF wys dat hulle die kat aan die stert beet het. Ons soek nie ‘n groep wat ondergronds gaan of onder die kombers hulle dinge doen nie.

ES ·

Hy het in elk geval nie genoeg geld of ondersteuners om enigsins ‘n politieke party te kan bestuur of volhou nie. Die wiel draai, en as hy draai, dan spin hy.

Foxi ·

Daar is n nuwe onkruidmiddel op die mark! Glo my…..dit werk uitstekend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.