OVK-voorsitter sê bande met Zuma is ‘slegs professioneel’

Glen Mashinini (Foto: IEC, Facebook)

Glen Mashinini (Foto: IEC, Facebook)

Glen Mashinini, wat vandeesweek as die nuwe voorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangestel is, het Vrydag tydens sy eerste perskonferensie vrae beantwoord oor sy geloofwaardigheid gegewe sy verbintenis aan pres. Jacob Zuma.

Zuma het Woensdag Mashinini as die nuwe voorsitter aangewys. Politieke partye het dié aanstelling veroordeel en Mashinini se onpartydigheid bevraagteken, gegewe die feit dat hy in ʼn stadium die president se raadgewer was oor spesiale projekte.

Mashinini het aan verslaggewers gesê sy verbintenis aan Zuma is slegs op ʼn professionele vlak en hy sal die OVK dien sonder enige “vrees of guns” dien.

“Ek dink die belangrikste ding wat ons moet verstaan is dat die kommissie ʼn kollektief is. Ek is aangestel as die voorsitter onder my gelykes,” het hy verduidelik. “Die verkiesingsproses is omvattend en geen individu kan op sy eie ongrondwetlik optree sonder dat die stelsel dit sal uitwys nie.”

Hy het bygevoeg hy is gemaklik daarmee dat die aanstelling geskied het deur ʼn omvattende proses wat die grondwetlike voorskrifte volg. “Al wat enigiemand verwag is dat ons hierdie kommissie die geleentheid moet bied om sy pligte na te kom en seker te maak dat ons verkiesings vry en regverdig is. Ek wil nie die aanstelling verpersoonlik nie.

“Niemand sal voordeel daaruit trek indien ons demokrasie en hierdie instelling ondermyn of bederf word nie. Die kommissie bly toegewyd om ons grondwetlike mandaat om hierdie verkiesingsinstelling te bevorder en die demokrasie van ons land verder te vestig,” het hy bygevoeg.

Die OVK het sedert Pansy Tlakula se bedanking verlede jaar nie weer ʼn voorsitter gehad nie. Tlakula het in September bedank nadat die Openbare Beskermer, Thuli Madonsela, bevind het ʼn gebou van die OVK is aangeskaf sonder om die korrekte prosedures te volg.

Die adjunkvoorsitter, Terry Tselane, het as waarnemende voorsitter opgetree totdat Mashinini aangestel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jan maak n Plan ·

Nog n regte maatjie op n regte plek. Daar is niemand so slim in die RSA sooooooos NR 1

Ian ·

Maak jou vriend die skydsregter, en jy sal NOOIT verloor nie.

K@bous ·

Waar was enige verkiesing, van die een in 1994, “Vry en Regverdig?” Hier kom weer gunse en gawes.

W ·

Die vraag is gaan stem almal wat reg denkend redeneer of dink ons net dat ander dit vir ons sal doen wat is jou verantwoordelikheid of bydra

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.