OVK vorder fluks met tellery

Skermskoot van die tellery om 17:45 op 2 November 2021 (45% van die stemme is reeds getel) (Skermgreep van die OVK-webwerf)

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie het reeds 45% van die stemme vir die 2021- munisipale verkiesings getel.

Teen 17:45 loop die ANC landswyd voor met 46.66% van die stemme, die Demokratiese Alliansie is stewig in die tweede plek met 22.78% en die EFF het reeds 9.86% steun ontvang.

In Noordwes, Limpopo en Mpumalanga het die EFF tans die tweede meeste steun verwerf.

Só vorder die verskillende provinsies:

Gauteng
Persentasie stemme reeds getel: 37%
ANC – 37.22%
DA – 29.62%
EFF – 12.77%

KwaZulu-Natal
Persentasie stemme reeds getel: 32%
ANC – 43.04%
IVP – 27.8%
EFF – 9.08%

Limpopo
Persentasie stemme reeds getel: 30%
ANC – 66.59%
EFF – 13.68%
DA – 8.32%

Mpumalanga
Persentasie stemme reeds getel: 50%
ANC – 56.46%
EFF – 15.76%
DA – 14.58%

Noord-Kaap
Persentasie stemme reeds getel: 87%
ANC – 49.71%
DA – 21.16%
EFF – 8.98%

Noordwes
Persentasie stemme reeds getel: 36%
ANC – 54.96%
EFF – 16.26%
DA – 12.28%

Oos-Kaap
Persentasie stemme reeds getel: 57%
ANC – 67.62%
DA – 13.22%
EFF – 7.72%

Vrystaat
Persentasie stemme reeds getel: 61%
ANC – 51.07%
DA – 19.45%
EFF – 11.72%

Wes-Kaap
Persentasie stemme reeds getel: 57%
DA – 52.52%
ANC – 20.34%
Ander – 7.88%

Klik hier om die OVK se tellery regstreeks te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lesly ·

Dinge sal ongelukkig nooit verander nie. Die massas bly ongeletterd en glo nog steeds dat die goed wat tans in beheer is, ‘n goeie werk doen, al staak en brand hulle af omdat dienste nie gelewer word nie. Afrika mentaliteit is daar om te bly en daar is absoluut geen salf aan te smeer nie.

Tipper ·

Herman Mashaba van die Action Party het gesê hy gaan nou in koalisie met die DA.

Frank John ·

Oooooo lyk nie sooooo goed vir verandering wat tel nie.

Harley Davidson ·

Dieselfde as elke verkiesing ,die ANC kan maak net wat hy wil hy sal altyd regeer want die stemme gaan oor niks anders as ras nie ,die weskaap sal net moet afstig van Suid-Afrika as daar enige hoop nog is van oorlewing vir die minderhede wat vooruitgang wil hê.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.