OVK vorder met kiesersrol

Argieffoto: Phillip Bruwer

Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het gesê hy het aansienlik gevorder in die bywerking van die kiesersrol.

Volgens die OVK is daar meer as 21 miljoen Suid-Afrikaners op die kiesersrol en sowat 83% van kiesers se adresse is nou voltooi.

Sy Mamabolo, hoofkiesbeampte, het Donderdag gesê die OVK het die getal kiesstasies tot 23 000 verhoog. Minstens 28 mobiele kiesstasies sal tydens die verkiesing beskikbaar gestel word.

Hy het kiesers aangeraai om op 26 en 27 Januarie na hul naaste kiesstasie te gaan en hul adres te verifieer. Suid-Afrikaners in die buiteland het van 1 tot 4 Februarie kans om by die land se 121 buitelandse ambassades as kiesers te registreer.

Volgens hom is daar ook ʼn funksie op die OVK se webwerf vir kiesers om hul inligting na te gaan en veranderinge aan te bring.

Mamabolo het intussen ook bekend gemaak die OVK het 47 aansoeke van nuwe politieke partye ontvang. Daar is nou 285 geregistreerde partye en ʼn verdere 37 aansoeke word tans verwerk.

Pres. Cyril Ramaphosa moet nog die presiese datum vir die verkiesing aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Vra vir 'n vriend ·

Is jou Zim ID weer hierdie jaar aanvaarbaar as geldige ID dok om te stem? Vra namens ‘n vriend.

Henk ·

Hy is welkom om my SA ID te leen. Ek is met vakansie tydens die laaste registrasie naweek. Sal dus WEER nie kan stem nie. Was ook nog NOOIT geregistreer nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.