Die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) het Vrydag gesê hy het 21 politieke partye gewaarsku om weer voor 29 Augustus te registreer.
Dié partye, wat die Dagga Party, Women Forward, die Khoisan Party en die Green Coalition insluit, het geen setels in provinsiale wetgewers nie.
Kragtens die Verkiesingswet moet elke party wat nie provinsiaal of nasionaal verteenwoordiging gewen het nie, jaarliks herregistreer. “Partye het kans tot 29 Augustus,” het die OVK gesê. “Indien die partye gederegistreer word, sal ʼn kennisgewing in die Staatskoerant gepubliseer word.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
2 Kommentare
Die “Dagga Party”! Liewe aarde! Wat sou hulle in elk geval met ‘n setel gemaak het?