Owerhede ‘oneerlik’ oor Centurion-grondeis

Honderde inwoners van Centurion vroeër by Leriba Lodge vir ‘n vergadering oor die grondeis in Centurion. (Foto: verskaf)

Die burgerregtegroep AfriForum sê hy gaan die hof vra om die owerhede te verplig om volledige inligting oor ʼn enorme grondeis in Centurion aan hom beskikbaar te stel, omdat die betrokke departemente ondanks ʼn formele versoek weier om dit te doen.

Maroela Media het vroeër berig die grondeis is in Desember 1998 deur 39 lede van die Mahlangu-familie ingestel. Eiendomme in Rooihuiskraal, ʼn gedeelte van Olievenhoutbosch, The Reeds, Zwartkop, Highveld, Heuweloord, Celtisdal, Doringkloof en Midstream word geraak.

Die eis behels ongeveer 4 000 ha onroerende eiendom en nagenoeg 2 000 huisgesinne.

AfriForum sê hy het die inligting nodig om volledige indienings, tesame met deskundige ondersoekverslae, aan die owerhede te stuur om die grondeis behoorlik teen te staan.

Die organisasie sê ook die owerhede is oneerlik oor die proses. Volgens hom hou die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming dit aan die gemeenskap voor dat die tydperk vir indiening teen die grondeis reeds gesluit het.

AfriForum sê dit is onwaar en dat die departement die betrokke gemeenskap die kans moet gee om hulle verslae saam te stel sodat die departement dit kan oorweeg.

“Die departement het, nadat AfriForum by die eisproses betrokke geraak het om die gemeenskappe se belange te beskerm, aangevoer dat die geraakte gemeenskappe nie bekommerd hoef te wees dat hulle eiendomme in die slag sal bly nie,” het Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder, gesê.

Hy het gesê ingevolge wetgewing kan die owerhede in wie se gebied die geraakte eiendom val, die hof vra om die onteiening van die gemelde eiendom uit te sluit.

“Daarna sal slegs finansiële vergoeding en die verplasing van die eisers se eis na alternatiewe grond oorweeg kan word. Indien die owerhede vasbeslote is dat die Centurion-gemeenskap se onroerende eiendom nie onteien gaan word nie, waarom is hierdie aansoek nie by die hof ingedien nie?” het Kamfer gesê.

AfriForum het die minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming boonop vroeër daarvan beskuldig dat sy belastingbetalers probeer paai deur te sê daar is geen rede tot paniek oor die grondeis nie.

“Mandate van geraakte gemeenskapslede wat AfriForum gevra het om hulle te help om die eis teen te staan, stroom steeds in. AfriForum het reeds toonaangewende deskundiges aangestel om die eisers se weergawe te weerlê.

“AfriForum bevestig hiermee sy standpunt dat ongegronde en ondeurdagte eise nie sonder teenstand eenvoudig net aanvaar moet word nie,” het Kamfer gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Wonder net ·

Waarmee kan ons dan die regering vertrou. Hulle hou die eiendom swaard oor ons koppe

Bernard Hellberg ·

Net as ons dit toelaat.
Tyd vir mooipraatjies is op; berei voor op ‘n slegte uitkoms en hou in gedagte die mentaliteit waamee ons te make gaan kry ????

pieta ·

Bernard, jy praat in raaisels. Se reguit wat jy wil se en dan iets man.

Gert van Wierdapark ·

Gegrond op dot wat ek so pas in die berig gelees het, wonder mens of die betrokke amptenar(r)e Grondige kennis van die hele saak het? Ons is dankbaar dat AfriForum ons Grond-wetlike reg help beskerm in die proses!

Dries du Toit ·

Koos WAARVAN PRAAT JY OU MAAT.
Is jy op die verkeerde bladsy ????

Tiaan ·

Ek is ń prokureur wat al baie jare grondeise doen. Tensy die bogenoemde berig verkeerd is, is ek jammer om te sê dat Afriforum duidelik nie weet wat hul doen nie. Hulle is besig om ń gemeenskap op hol te jaag vir niks.

Ellisras ·

AfriForum weet presies wat hul doen. Hul werf lede. Hoe anders.

Liberaal ·

Ons linkse heersers wat julle wil besit, se gunsteling manier is om te paai. Soos die linkses destyds belowe het, julle hoef nie oor julle skole, kerke, werke, woongebiede en lewens bekommerd te wees as die kommuniste gaan regeer nie, niu het julle als daarvan verloor oor 25 jaar. Moet nie paaiery glo nie, dit gaan julle duur testaan kom want ons heersers is gulsig en sal als doen om als van julle te vat.

Andreas ·

Al het Cyril nou al begin timmer aan die korruptes in die ANC regering en sekere instellings van die ANC regering, is die kaders vanselfsprekend nog oral in plek wat hul doelwitte dryf en dit moeilik vir ander maak om na behore inligting te bekom soos in die geval om te probeer sorg dat hul mikpunte ongehinderd deurgevoer word. So hierdie manier van optrede lyk my is ‘n outomatiese ingebore reaksie van die kaders wat mens oral op bedag sal moet bly.

Henk ·

Die apartheidsregering het hulle mos reeds kwansuis na alternatiewe grons verskuif? So indien dit die geval is dan is hulle mos reeds vergoed?

Kriekie ·

Keur die eis goed, mits daar vooraf deur die eisers betaal word vir die verbeterings op die grond vandat hulle voorouers daar gewoon het.

Pensioenaris ·

Julle vra wie is Koos. Ek sal julle se, hy het onder my ouma grootjie se kooi gestaan.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.