Owerhede ontken gerugte oor ontvoerde seuns

Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo.

Mpho Motlhabane, die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Noordwes, het Vrydag gesê bewerings dat die twee jong seuns wie se liggame in ʼn swembad by een van die huise in Imperial Reserve in Mahikeng gevind is, vermink was, is nie waar nie.

Motlhabane het Vrydag lede van die gemeenskap buite die seuns se huise toegespreek. Die LUR en premier Job Mokgoro het die seuns se families besoek en ʼn beroep op die gemeenskap gedoen om kalm te bly en toe te laat dat die ondersoek na die seuns se dood afgehandel word. Spanning het Vrydag hoog geloop in die gemeenskap nadat ʼn gerug versprei is dat die twee 10-jarige seuns se geslagsdele vermink is.

Motlhabane het egter die gemeenskap verseker dit is beslis nie waar nie. Die polisie het intussen ook dié bewering ontken. Die polisie het in ʼn verklaring gesê beamptes het op verskeie plekke na die kinders gesoek, maar die plek waar die kinders gevind is, was nie een van die plekke waar daar gesoek is nie. Hulle het die gemeenskap gevra om geduldig te wees sodat die ondersoek na die saak afgehandel kan word.

Die twee nefies, Onalenna Molehabangwe en Gontse Cholo, is Donderdagaand dood gevind nadat hulle Dinsdag vermis geraak het. Daar word vermoed die seuns het in ʼn parkie in Montshiwa, ʼn uitbreiding van Mahikeng, saam met nog ʼn maat gespeel toe dié twee glo deur drie mans met ʼn pak aartappelskyfies na ʼn Volkswagen Polo-motor gelok is. Die verdagtes het die seuns na bewering gegryp waarna hulle in die kattebak van die motor ingeboender is. Die verdagtes het met die seuns weggejaag.

Mokgoro het gesê hy is erg geskok deur die dood van die twee seuns. “Ek is bitter hartseer oor hoe hierdie saak uitgedraai het. Ek doen ʼn beroep op al die sektore van die samelewing om die stryd vir die beskerming van kinderregte te versterk.”

ʼn Geregtelike doodsondersoek word tans gedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Lizelle ·

Rus in vrede Onalenna en Gontse.
My gebede aan die familie lede en geliefdes van hierdie 2 pragtige seuns.

Gemaskerde Sopbeen ·

Enige iemand wat nou in daai omgewing met ‘n VW Polo ry moet nou heeltyd oor sy skouers kyk…………..dit vat net die eerste klip, dan’s jy koebaai….

Schalk ·

Skand dat owerhede dit ontken.Nog o bevoegdes wat deur onbevoegdes aangestel is.Omdat onbevoegde reels vir aanstellings geld.Hierdie ontkenning is ssos Nkandla.Druk jou kop in die sand

Schalk ·

Skande dat owerhede dit ontken.Nog onbevoegdes wat deur onbevoegdes aangestel is.Omdat onbevoegde reels vir aanstellings geld.Hierdie ontkenning is ssos Nkandla.Druk jou kop in die sand

Abe ·

Schalk,
Hoe weet jy of die lyke geskend is?
Dis mos iets wat vasgestel kan word. Wat is vir jou n skande?

willem Botha ·

Die gemeenskap sal maar baie geduldig moet wees want die”saps” ondersoek die saak en dit kan jare neem veral omrede die verdagtes nie wit is nie.

Mariana ·

Twee kinders vermoor, owerhede ontken ontvoering. So hoeveel aandag gaan die onsinnige moorde kry. Sterkte aan ouers. RIV seuns.

Abe ·

Mariana,
‘Weet nie hoe verstaan jy die berig nie. Lees dit weer: Die owerhede ontken gerugte dat die seuns se liggame geskend is. Hulle ontken nie die ontvoering van die seuns nie. Ek verstaan glad nie jou argument nie.

Anoniem ·

My deepest and sincere condolences to the two families. No parent should bury his/her child.

jaco ·

Onbevoegde optrede van die SAPD sou amper “aanvaarbaar” wees as dié 2 kinders wit was, maar dis uiters vreemd, gesien dat die 2 vermoorde kinders van dieselfde ras as die SAPD was.

Abe ·

Jaco,
Watter ras is die SAPD ? Die feit dat jy daarop aandring om ras by te sleep maak alles deurmekaar en jou argument is totaal belaglik.

Abe ·

Jaco,
Twee kinders word ontvoer en vermoor. Wat op aarde het die kleur van die kinders daarmee te doen en nog erger, wat het die “ras” van die SAPD daarmee te doen? Die SAPD bestaan uit duisende wit lede en duisende swart lede hoe kan n “ras” aan die organisasie toegeken word. Jy praat mos twak.

Cherokee ·

Moet nie my kommentaar verkeerd lees nie. En as jy doen, moet nie hierop reageer nie. Verstaan reg, ek het ook simpatie met die kinders en hul ouers. Tòg kon ek nie die vraag onderdruk of, wanneer soortgelyke berigte in swart koerante verskyn, dieselfde mate van simpatie verskyn.

Abe ·

Mariana,
Ek dink jy lees die berig verkeerd. Gevolglik maak jou argument geen sin nie. Hoe op aarde kan die feit dat die overhede vals gerugte oor die moorde ontken, die hoeveelheid aandag wat die ondersoek gaan geniet, beinvloed

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.