Owerhede slaan op onwettige chroommyn toe

Foto: ANA

Foto: ANA

Polisiebeamptes en mynhulpbron-owerhede het Dinsdag ʼn winsgewende onwettige chroommyn naby Burgersfort in Limpopo gesluit.

Volgens die owerhede het ʼn groep myners, wat naby Anglo Platinum se Bokoni-myn chroom myn, laat spaander toe hulle die polisiebeamptes en beamptes van minerale hulpbronne by die myn sien aankom.

Die departement van minerale hulpbronne het onlangs die hof genader om ʼn dringende interdik te bekom om die onwettige myners te verwyder. Die polisiebeamptes was van plan om die operateurs in hegtenis te neem, maar toe hulle by die terrein opdaag, was geen operateurs of verteenwoordiger van die myn in sig nie.

Foto: ANA

Foto: ANA

Genl. Masipa Maepa, woordvoerder van die polisie, het gesê dit lyk asof die myners vooraf ʼn wenk ontvang het die polisie is op pad en die meeste van hulle het reeds die vorige aand die terrein verlaat. Maepa het gesê met die polisie se aankoms op die toneel, het net die masjiene wat die myners gebruik het, agtergebly.

Hy het gesê die polisie het op meer as 12 masjiene, soos boormasjiene en meganiese grawe beslag gelê.

ʼn Mynmaatskappy het glo meer as vier dekades gelede die oop myn verlaat. Sedertdien het verskeie onwettige myners op klein skaal daar probeer myn en dit is herhaaldelik stopgesit. Inwoners in die omgewing het weer die chroom met masjiene begin myn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Jayjay ·

Klein drukker foutjie in die derde paragraaf. “…in hegtenis te GEEN.”

Landi Slatter ·

Dagsê Jayjay

Dankie vir jou terugvoer! Ons vra om verskoning vir die oorsig en het die berig gewysig.

Groetnis
Landi nms Maroela Media

Jan maak n plan ·

Ek dog die ANC is pro werkskepping. Gee die mense n lisensie sodat hulle kan myn en sodoende kan die staat dalk nog belasting daaruit kry.

Frederik ·

Die masjinerie, wat hul daar gelos het, het hul heel waarskynlik by Barloworld gehuur.

Rina ·

As dit gewone mense is, het hulle nie kos nie. Ten minste pleeg hulle nie moord nie

Theresa B ·

Liewe aardetjie tog. Hoe lank is die mense al besig. Nou nie nie dat dit in die geheim gedoen is en niemand daarvan weet nie. Dis ooglopend en niemand kon dit miskyk nie. Nou skielik!!!

Flibo ·

Gee die mense n kans en sorg net dat hulle ook belasting betaal. Grote Griet, die mense werk darem en moor en steel nie. Ja !!! En dis nou regtig nie asof hulle dit in die geheim doen nie. Sulke groot masjiene trek aandag. Ag nee wat polisie. Julle is vrotsig verby. Los die mense om hulle eie werkskepping te skep. Monitor hulle net.

mdt ·

Maar as groot maatskappye myn moet hulle aansoek doen vir al die nodig lesensies en die gemeenskap op bou, winste weg gee! EN n rehabilitasie plan in plek he voor hulle mag myn of die hel is los. Cart Blanch kom berig, dis op elke voorblad. Ja hulle probeer n lewe maak, maar skeer almal onder dieselfde kam! Dis niks anders as steel nie… maak nie saak hoe jy daaroor voel nie.

Uys ·

Owerhede weet van die myn en onwettige myn by die perseel vir dekades lank al.
Hoekom nou na 3 Aug toeslaan.
Wie was eers die burgemeester, wie is nou?
Die amptenaar wat baatvind by die myn sit op meer as een raad.

johan ·

Waarheid is myn maatskappye sukkel al jare om dit te stop. Net n hofbevel kon die SAPS tot aksie dryf. Werkloosheid, onwettige myne laat meer mense werk verloor as die bietjie wat dan onwettig daarby baat.

Hendrik ·

‘n Groot probleem is natuurlik ons water tekort en waterbesoedeling. Met wettige myne kan die omgewingimpak en voorgenoemde aspekte gemonitor word en beheer word. Dit is hoekom daar lisensies uitgereik moet word. Nee wat ek voel regte prosedures moet gevolg word en dit is nodig en goed vir die land.

M'Lady ·

Daar kan gerus ook ondersoek ingestel word na die onwettige mynbedrywighede in Letaba Ranch wat aan die Kruger Park grens. Daar kom en gaan mense soos hulle wil. Wonder hoeveel wild stropery vind plaas.

anti.....EEF ·

gee daai myn vir Jullias Malema?!!!… hy is so vraatsig om die myne te vat.. dan skep hy mos werk!!!

Gnomen ·

Die onwettige myners ontneem ander mense van eerlike wettige werk. Hulle betaal geen belasting, geen ongeluksversekering en steur hulle glad nie aan die land se wette betrekkende gesondheid, veiligheid, rehabilitasie van werksplekke ens nie. Die grondstof word ook waarskynlik aan Chinese verkoop. Maak hulle toe.
Daar is sulke onwettige myners wat langs die Oranje rivier (jammer, Gariep) die rivier bemors met onwettige soeke na diamante.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.