Polisiebeamptes en mynhulpbron-owerhede het Dinsdag ʼn winsgewende onwettige chroommyn naby Burgersfort in Limpopo gesluit.
Volgens die owerhede het ʼn groep myners, wat naby Anglo Platinum se Bokoni-myn chroom myn, laat spaander toe hulle die polisiebeamptes en beamptes van minerale hulpbronne by die myn sien aankom.
Die departement van minerale hulpbronne het onlangs die hof genader om ʼn dringende interdik te bekom om die onwettige myners te verwyder. Die polisiebeamptes was van plan om die operateurs in hegtenis te neem, maar toe hulle by die terrein opdaag, was geen operateurs of verteenwoordiger van die myn in sig nie.
Genl. Masipa Maepa, woordvoerder van die polisie, het gesê dit lyk asof die myners vooraf ʼn wenk ontvang het die polisie is op pad en die meeste van hulle het reeds die vorige aand die terrein verlaat. Maepa het gesê met die polisie se aankoms op die toneel, het net die masjiene wat die myners gebruik het, agtergebly.
Hy het gesê die polisie het op meer as 12 masjiene, soos boormasjiene en meganiese grawe beslag gelê.
ʼn Mynmaatskappy het glo meer as vier dekades gelede die oop myn verlaat. Sedertdien het verskeie onwettige myners op klein skaal daar probeer myn en dit is herhaaldelik stopgesit. Inwoners in die omgewing het weer die chroom met masjiene begin myn.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
15 Kommentare
Klein drukker foutjie in die derde paragraaf. “…in hegtenis te GEEN.”
Ek dog die ANC is pro werkskepping. Gee die mense n lisensie sodat hulle kan myn en sodoende kan die staat dalk nog belasting daaruit kry.
Die masjinerie, wat hul daar gelos het, het hul heel waarskynlik by Barloworld gehuur.
As dit gewone mense is, het hulle nie kos nie. Ten minste pleeg hulle nie moord nie
Liewe aardetjie tog. Hoe lank is die mense al besig. Nou nie nie dat dit in die geheim gedoen is en niemand daarvan weet nie. Dis ooglopend en niemand kon dit miskyk nie. Nou skielik!!!