Owerhede slaan toe op onwettige tjip-fabriek

(Foto: Verskaf)

Beamptes van die Johannesburgse metropolisie (JMPD) het Vrydag ʼn wit paneelwa voorgekeer wat eindelik tot die ontdekking van ʼn onwettige tjip-fabriek gelei het. Die aanleg het nie net nie die nodige vervaardigingsgoedkeurings gehad nie, maar ook onwettige immigrante as werkers gebruik.

Supt. Xolani Fihla, woordvoerder van die JMPD, sê beamptes was besig met gewone misdaadvoorkomingspatrollies in Zinna-rylaan in Marlboro, toe hulle die wit paneelwa met twee mans voorgekeer het.

“Die beamptes het talle bokse in die voertuig – waarin aartappelskyfies verpak was – deursoek en bevind dat die adres op die verpakte aartappelskyfies nie met die vervaardiger se adres ooreenstem nie. Die aartappelskyfies het ook nie die SABS-goedkeuringsmerk opgehad nie,” sê Fihla.

Die beamptes het daarna die verdagtes na die adres in Marlboro begelei om verdere ondersoek in te stel.

“Omgewingsgesondheidsinspekteurs is na die toneel ontbied en daar is gevind dat die eienaar nie ʼn vervaardigersertifikaat en die relevante dokumente het om die onderneming te bedryf nie.

“Immigrasiebeamptes van binnelandse sake is ook na die toneel ontbied en hulle het bevestig dat sewe werknemers by die onderneming onwettige immigrante is,” sê Fihla.

Hy sê al sewe ongedokumenteerde persone is in hegtenis geneem en is tans in aanhouding by die Bramley-polisiestasie. Die eienaar van die onderneming is egter steeds op vrye voet.

(Foto: Verskaf)

(Foto: Verskaf)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Karoo ·

Soos dinge nou gaan, waar mense nie voor stok gebring word nie, is SA die idiale plek vir enige onwetige bedrywighede. Dankbaad dat die Polisie wel hier toegeslaan het. Kom ons hoop en vertrou dat daar iets van gaan kom.

Janine ·

En wie kyk vir permitte by die lot wat oral in parkeerareas en langs die pad, kos verkoop? NIEMAND!

DapperWoef ·

Knapgedaan SAPS of wie ookal

Ons land is ten minste nou veilig van ‘n paar verdagte pakkies aartappel skyfies.

Ek voel sommer nou soveel veiliger.

Kletsou ·

Genugtig – die mense vervaardig tjips en ek dink nie hulle het gekyk na die maatskappy se registrasie nie. Nou is hulle op die grond soos ernstige misdadigers.

Oom Charles ·

Ek dink daar is erger onwettighede waarop die owerhede gerus hulle veelbesproke uitgedunde personeelkragte mag konsentreer.
Hierdie spulletjie probeer maar net ‘n lewe maak met doodgewone ‘tjips’ – solank as dit nie gifstowwe bevat nie, los hulle dat hulle kan aangaan, hulle vat nie juis die groot produsente se besigheid weg nie (watter ‘tjips’ op die mark is in elkgeval die eerste ding wat ‘n dieetkundige met vrymoedigheid sou aanbeveel? :o)
Hulle staan vroeg op en werk lang ure en sit nie en bedel of breek in en roof en moor nie.
Uiteindelik is daar ‘n verskil tussen ‘onkonvensionele bedrywighede’ en doodsveragtende misdaad wat die gemeenskap teiken en op ‘n groot skaal langtermyn benadeel.

Jeanette ·

Oom Charles ek stem 100% saam met jou, immers is dit skoon en netjies ook daar binne

Jan ·

En more is almal weer op straat en maak meer tjips vir die regerings amptenare…dankie anc

PersHeks ·

Ek het ook gedink dat die “owerhede” en hulle telgies seker lekker aan al die chips gaan kou die vakansie!!

Andries ·

Ek koop nie by buitelanders nie. Al hul produkte is vervals. Ondersoek of die eienaar ooit belasting betaal?

Jakes ·

Feitlik om elke hoek en draai verkoop mense kos. Die metropolisie koop self by hulle. Geen lopende water teenwoordig nie. Maar last ek nou so n besigheid bedryf dan sal ek dieselfde dag gearresteer word. Dubbele standaarde.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.