Owerhede slaan toe op private veiligheidsmaatskappye

(Argieffoto: pixabay)

Psira, die private sekerheidsbedryf se regulerende liggaam, het verlede week altesaam 171 veiligheidsbeamptes en direkteurs van private veiligheidsmaatskappy in hegtenis geneem vir die oortreding van regulasies binne die private veiligheidsbedryf.

Siziwe Zuma, woordvoerder van Psira, sê dié liggaam het verlede week van Dinsdag tot Vrydag ʼn landwye operasie, genaamd Operation Covid-19 Clean-Up, van stapel gestuur. Hiervoor het Psira inspekteurs opgeroep vir ’n klopjag op private veiligheidsmaatskappye.

Altesaam 1 748 veiligheidsbeamptes reg oor Gauteng, Noordwes, KwaZulu-Natal, die Oos-Kaap en die Wes-Kaap is ondersoek. ’n Totaal van 163 veiligheidsbeamptes en agt direkteurs van private veiligheidsmaatskappy is vir verskeie misdrywe in hegtenis geneem. Psira het nie uitgebrei oor presies wat dié misdrywe behels nie.

Altesaam 184 kriminele sake is geopen en nege vuurwapens is deur die polisie gekonfiskeer.

’n Totaal van 176 ongeregistreerde en 159 onopgeleide veiligheidsbeamptes is aangemeld. Meer as 450 veiligheidsbeamptes is nie aan die Psira-databasis gekoppel nie en 742 was nie in die besit van Psira-ID-kaart en/of ’n vervalde ID-kaart nie. Altesaam 159 veiligheidsbeamptes het nie ’n Covid-19-noodsaaklike dienspermit besit nie.

Sam Chauke, uitvoerende hoof van Psira, het dié operasie gelei.

“Soortgelyke operasies word gereeld uitgevoer om seker te maak die private sekerheidsbedryf se integriteit word beskerm teen uitbuiting deur kriminele elemente. Sulke wangedrag sal nie geduld word nie,” sê Chauke.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Anel ·

Wat van al hierdie sogenaamde karwagte? Volgens hulle doen hulle sekuriteitswerk, maar hoeveel is buitelanders en o wettige immigrante en ek weet hulle kan nie aan PSIRA behoort nie?

Die Wolf ·

Nou spring PSIRA, want vir jare was hulle bewus van die probleme en het absoluut niks daaran gedoen nie. Gereelde inspeksies? Ag asseblief. Hulle is besig om hulle nou te verontskuldig want hulle weet dat hulle in die spervuur is om ontbloot te word. Gesegde: One step ahead of the Sherrif. Ai wat Covid nie alles doen nie.

Estelle ·

Uiteindelik doen Psira tog iets positiefs, na hul vir jare niks gedoen het nie en net geld ontvang het!

Grassie ·

Ek dink Psira se klopjagte het op ‘n baie ongeleë tydperk plaasgevind. Die land is deurmekaar en onderstebo, die SAP is omtrent voltyds besig met optrede om die “lockdown” af te dwing. Besighede word geplunder en afleweringsvoertuie aan die brand gesteek. Psira se optrede het nou nog minstens 171 veiligheidswagte verwyder. Hul grootste “misdaad” is waarskynlik dat hulle nie by Psira geregistreer is en ledegeld betaal nie. Daardie persone word nou deel van die werkloses wat van aalmoese afhanklik gaan word. Ek stem saam dat die sekuriteitsbedryf beheer moet word maar daar is vir alles ‘n tyd en plek.

myvyfsent ·

Onderliggende rede dalk………. te veel maak nie sin nie.

Jr ·

Hulle het voor lockdown ‘n by in die ministar se hoed oor veiligheid dienste gehad en gesê hulle is beter gewapen en OPGELEI. Die mini star en cANCer party is besig met ander planne en Corona gee vir hulle die rook wolk om hulle deviante planne uit te oefen. Jy kan nie almal fool al die tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.