Owerhede vra ‘kalmte’ ná skietdood op plaas

Die toneel in die Eshowe-gebied in KwaZulu-Natal tydens ʼn gewelddadige betoging (Maart 2018). Foto: Facebook via Intelligence Bureau SA

Suid-Afrika se nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla John Sitole, het ʼn beroep op inwoners gedoen om kalm te bly ná die skietdood van ʼn 29-jarige man op ʼn plaas in KwaZulu-Natal.

Maroela Media het Donderdag berig honderde woedende gemeenskapslede het op ʼn vernietigingstog gegaan ná die skietdood van die man op ʼn plaas in Eshowe.

Brig. Vishnu Naidoo, nasionale woordvoerder van die polisie, het gesê die optrede volg nadat twee mans Dinsdag visgevang het by ʼn dam op die plaas Gqobkohani.

“Hulle is deur ʼn veiligheidswag gekonfronteer en versoek om die plaas te verlaat waarna ʼn  onderonsie uitgebreek het. Dit het glo daartoe gelei dat die veiligheidswag een van die mans, Spamandla Xulu (30), doodgeskiet het. Die ander man kon ongedeerd wegkom.”

Woedende lede van die gemeenskap van Umlalazi en Eshowe het sedertdien die strate ingevaar en bande aan die brand gesteek op die R66. Hulle het na bewering ook ʼn plaashuis in Gqobkohani, die eienaar van die plaas se suikerrietlande en ʼn aangrensende plaas se suikerrietplantasie aan die brand gesteek.

Sitole het ʼn beroep op lede van die gemeenskap van Umlalazi en Eshowe gedoen om rustig te wees en die reg toe te laat om sy gang te gaan aangesien die veiligheidswag reeds in hegtenis geneem en in aanhouding is.

Sitole het die provinsiale polisiekommissaris versoek om ʼn ondersoektaakspan aan te stel om die voorvalle van brandstigting te ondersoek en diegene wat daarvoor verantwoordelik was, in hegtenis te neem en te vervolg.

Volgens Sitole is lede van die openbareorde-polisie, taktiesereaksie-eenheid en beamptes van plaaslike polisiestasies na die gebied ontplooi om die situasie te stabiliseer en te monitor.

Die veiligheidswag het Donderdag in die hof verskyn en bly in aanhouding tot 22 Maart wanneer hy weer in die hof moet verskyn. Sy naam is nog nie bekend gemaak nie.

Intussen het die ANC en die uMlalazi-munisipaliteit kommer oor die voorval en geweld daarna uitgespreek.

Die ANC het gesê hy is bekommerd oor die “brutale moord”. “Hy [Xulu] kon eerder in hegtenis geneem word, sou hy skuldig wees aan strafregtelike optrede,” het die ANC in ʼn verklaring gesê.

“Ons is baie bekommerd oor die situasie asook oor ander inwoners en motoriste in die omgewing. Die moord op ʼn gemeenskapslid is ongevraag en ons versoek lede van die gemeenskap om nou saam met die owerhede te werk met hul ondersoek. Om geweld te pleeg en eiendom te verwoes is nie ʼn oplossing nie.”

Die ANC het sy innige meegevoel met die oorledene se naasbestaandes betuig.

Die uMlalazi-munisipaliteit meen dat Xulu se skietdood beter hanteer kon word. “Die jong mans het visgevang en was nie gewelddadig of het enigiemand skade aangedoen nie.”

Die munisipaliteit het enersyds ʼn beroep op die polisie gedoen om die saak as ernstig te beskou, en andersyds op die gemeenskap om kalm te bly en nie die reg in eie hande te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

LCN ·

Net een vraag. Was dit regverdig om twee eienaars se plekke te beskadig WAT NIKS NIKS daarmee te doen gehad het nie ? Wie gaan daardie skade dra?

Wurmpie ·

Daar is weer ń boer vermoor. Kom ons vaar die strate in en brand

Hannelie ·

Nou wil julle betoog……maar as ‘n blanke vermoor word op sy plaas, is dit niks!! Nou is die ANC kamstig bekommerd oor die “brutale moord”. Maar as boere op hul plase gemartel en afgemaai word….is dit ook niks!!!

Prof Basson ·

En die boer was tentyde van die voorval oorsee. Hoekom sy plaas afbrand?

piper ·

het die cANCer al ooit kommer gehad oor al die plaasmoorde. het hulle al enige innige meegevoel getoon. het die boere enige eiendom beskadig na n moord. het die staat enige mediese en of begrafnis bydrae gedoen. ek is bevrees die antwoorde op die vrae gaan teleur stel.

Ja ne ·

Ja ne. Het die veiligheids wag dalk nie uit self verdediging op getree nie? Was julle daar om te sien wat gebeur het? Maar nee alles moet mos af gebrand word.

Onskuldig ·

Ek neem aan die veiligheidswag is klaar verhoor as hy se dit was n moord en daar was geen geweld nie. Hulle het net vis gevang.

Bekommerd ·

Ek verstaan nie hoe die owerhede vra om kalm te bly nie…..julle is dan die oorsaak vd rasse spanning. Die anc simpatiseer??? Natuurlik….maar wat soek hy op die Boer se plaas?? Arme Boer…wat sê jy daarop?? Persoonlik dink ek hy was moedswillig en met arrogante houding op die Veiligheidswag afgestorm.

Stephne Koekemoer ·

Waar is jou simpatie vir n hele plaas wat af gebrand is en mense wat hierdeur hulle werk kan verloor??

Wonder sommer net... ·

Daar word nie ‘n oog geknip as blanke boere vermoor word op plase nie, maar laat net EEN persoon doodgeskiet word OMDAT HY NIE DAAR HOORT NIE! Dan word dit in die media opgeblaas en hulle brand alles af en hulle betoog… en dan is die ANC ‘bekommerd oor die brutale moord’… ag regtig? Die mense sal nooit regkom nie.

Groottrek2 ·

Terwyl die aandag op diskriminasie teenoor ons is moet ons die internasionale publisiteit gebruik om steun te werf onder ander lande om ons in massas in te neem, ons sal moet trek want die ANC is nou op drastise spiraal af na totale chaos.

Pieter ·

Hoekom word daar na hulle verwys as gemeenskapslede hulle is kriminele wat die wet verbreek .

Laetitia ·

Die ANC het sy medelye betuig en het sy kommer uitgespreek oor die brutale moord.
Ek het ook medelye met enige een wat vermoor word.
Ek wonder of die ANC sy medelye teenoor die familie van slagoffers van plaasmoorde ook betuig, en is hulle ook bekommerd oor die plaasmoorde??
Jy hoor net eenvoudig nie dat plaasaanvallers vasgetrek word nie.
Absolute skande!!

Elize ·

Die boer se verskering sal hopelik uitbetaal.
Hoeveel mense is nou werkloos as gevolg hiervan.
Eintlik kan die regering nou maar die grond vat en vir die gee wat alles afgebrand het en kyk of hulle ‘n boerdery op die been kan bring.

Selfbeskikking ·

As ons wil oorleef moet ons die grondgesprekke oordie volgende paar maande gebruik as platform om te onderhandel vir selfbeskikking, ek belowe dat dit ons enigste hoop is om as kultuurgroep te oorleef.

Hans ·

Gaan klop aan by Orania. Hul doen dit klaar. Ek reken net dat die regering daardie grond ook gaan gryp.

Sunette ·

Kom ons wag maar vir die volle storie. Dink nie iemand skiet sommer vir die lekkerte nie.

Danie ·

Toemaar die Boere gaan dalk binnekort twee veilige (dalk meer) hawes hê waar hulle in baie meer rus en vrede sal kan boer. In lande waar die mense besef wat kos voorsiening werd is en dat die nie ‘n vanselfsprekende gegewe is nie. Wat net daar moet wees omdat dit ge-eis word nie.

Giel ·

Het die ANC al ooit sy meegevoel met n boer se famielie betuig? Was hulle al ooit bekommerd oor die brutale moorde? Flippen sirkus!!!!

Hennie ·

Ons moenie die logika van die massa probeer verstaan nie, daar is geen logika en regverdiging in hulle optrede nie. Ons weet teen hierdie tyd al met wie en wat ons te doen het.

Cherokee ·

Daar bestaan natuurlik die waarskynlikheid dat die sekuriteitswag dit in selfverdediging gedoen het. En dat die wag nie blank is nie. Die slotsom is as ‘n swartman ‘n ander swartman skiet word blanke plase vernietig as vergelding.

MICHELLE ·

WELL RAMAPHOSA, WHAT ARE YOU DOING ABOUT ALL THESE FARM MURDERS?????? SOMETHING MUST BE DONE, STOP CONCENTRATING ON TAKING OUR LAND AND CONCENTRATE ON THE FARM MURDERS…

Ano ·

Een van die dae gaan die sekuriteitsbedryf ook doodloop. Boere huur hulle met die doel om hulle eiendom te beveilig. Ongelukkig is daar die gemors wat hulle indring in alles en almal se privaatheid en word dan met geweld gestop. Die arme sekuriteitswag! Hy het net gedoen wat hy voor gehuur was. Sjoe nee dis baie baie hartseer.

Ekke ·

Die skiet van n persoon kan glad goed gepraat word nie. Die oorledene het ook nie die reg om te hengel in n dam op n plaas wat in privaat besit is nie.

Cherokee ·

Oordink weer jou eerste sin… met betrekking daartoe dat handwapens gemaak is vir selfverdediging. Nadat jy dit oordink het kan jy gerus opvolg met nuwe kommentaar.

ontevrede leser ·

hoe het die “vissermanne” by die dam uitgekom, deur die drade te klim, natuurlik, so hulle is ONWETTIG daar, veiligheidswagte is mos vir die mooigeit daar, jammer vir veiligheidswag. wat help dit ons verkla ons lot op artikels, die “MENSE” wat dit moet lees, lees dit in elk geval nie, en die meeste van hulle SAL NIE AFRIKAANS lees nie, (“engels is mos die amptelike voertaal”)

Hans ·

Al stuur jy dit vir hul in hul taal sal hul dit verbrand sodra hul agterkom waaroor dit gaan en wat jy daar skryf. Soos gesê geen logika of ………

Jollies ·

Hoeveel plakkerskampe steek die blankes aan die brand na al die plaasmoorde wat vele mense vermoor word op n baie grusame manier as skiet wat NIKS aan sy aanvaller gedoen het nie!!!!!!!!!!!!!

christa ·

wat van die brutale moorde op boere? niks dit is normaal en die regering lig nie n finger nie. Waar is Sisulu nou

JR ·

My mening nou is dat die betrokke Boer n eis teen die regring moet instel om vir alles te vergoed want die sogenaamde regering van die dag kan en is nie in staat om hulle eie mense te beheer nie

Danie ·

Wanneer die polisie uit hul mond laat uitkom dat die gemeenskap nie reg in eie hande mag neem nie, beteken dit dat dit onwettig is wat die mense doen om reg in eie hande te na eem, dan moet hulle met vors terug gedryf word en ook gearresteer woord.

Carel Wilken ·

Ek wonder net… Sou die veiligheidswag nie geskiet het nie, en die hengelaar hom doodgesteek het (ek verwys na Maroela Media se ander berig hieroor), sou die ANC oor daardie “brutale moord” kommentaar gelewer het?

Antoinette de Greeff ·

Weer eens n geval van n onwettige betreder wat doodgeskiet is let wel klem op onwettige betreder. Wanneer gaan mense besef jy kan nie net iemand see eiendom better soon dit jou pas nie. Nou is die sekuriteitswag weer in die fout.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.