Die Wes-Kaapse verkeersowerhede het Maandagoggend ʼn waarskuwing uitgereik dat vragmotors en voertuie met woonwaens die Hugenote-tonnel naby die Paarl in die Wes-Kaap moet vermy.
Kenny Africa, Wes-Kaapse verkeershoof, sê baie sterk winde in die gebied maak dit te gevaarlik vir dié voertuie om deur die tonnel te ry. “’n Swaarvragmotor is vanoggend op die brug net buite die Hugenote-tonnel aan die Paarl-kant omgewaai. Die wind is uiters sterk,” het Africa gesê.
Dit was nie onmiddellik duidelik of die vragmotorbestuurder enige beserings opgedoen het nie.
Volgens Africa dui die voorlopige statistieke vir die Paasnaweek daarop dat 19 mense die lewe sedert Donderdag op Wes-Kaapse paaie verloor het. “90% van hierdie ongelukke was binne die grense van die Kaapse metro en munisipaliteite,” sê Africa. “Twaalf van die oorledenes was voetgangers, vier was bestuurders en drie was passasiers.”
Die meeste van die sterftes het Saterdag plaasgevind. Vier voetgangers is in verskillende voorvalle dood onderskeidelik in Manenberg, Observatory, Mitchells Plain en Delft. Twee bestuurders het ook gesterf in ongelukke onderskeidelik in Lentegeur en Maitland, terwyl twee passasiers dood is in ongelukke in George en Darling.
ʼn Pa en twee kinders is gelukkig om te leef nadat ʼn bakkiekap en daarna ʼn staal paal die voorruit van die BMW getref het waarin hulle gery het. Dié voorval het op Goeie Vrydag tussen Caledon en Grabouw naby die Villiersdorp-afdraai gebeur.
Volgens Africa het ʼn bakkie se kap losgekom en ʼn aankomende BMW getref. Oomblikke daarna het ʼn staalpaal reg deur die BMW se voorruit gesteek, die pa se kop rakelings gemis en in die agtersitplek van die motor vasgesteek.
Wonderbaarlik is niemand in die voorval beseer nie.
As dit ‘n dubbeldekker bus was, het hy seker oor die afgrond getuimel.
Sjoe dis darem scarry!! Ek ry maar liewer jan tuis bly se karretjie.
Sjoe dis darem scary!! Ek ry liewer jan tuis bly se karretjie.
Wow!!daai paal sou die bestuurder onthoof het as dit hom sou tref,hy is BAIE gelukkig dit het hom gemis.
Dit netc grenade en grenade Alleen dat die paal die insittendes gemis het
Engele het hul beskerm.
Hoe verduidelik hy hierdie aan sy versekeringsmaatskappy
Winde van verandering tot aanloop van 8 Mei waarna alle probleme opgelos sal wees, né Cyril?
Die wind kan sterk waai daar, ry eerder ‘n veiliger PAD ?
@Anoniem – ……e….. dis duidelik dat jy NIE daardie area ken nie. “Veiliger pad” ry? Die enigste ander opsie(s) wat daar is, is die ou Du Toitskloof-pas (verwys die eerste foto bo) WAAR DAAR OOK ‘N TROK OMGEWAAI HET. Of Bainskloofpas, wat NET SO gevaarlik is, wanneer dit reën en sterk wind waai en ‘n MOEWIESE ompad is, as jy oppad Noorde toe is. Of Franschhoekpas, was NET SO gevaarlik is wanneer dit reën en sterk wind waai en ‘n MOEWIESE ompad is, as jy oppad Noorde toe is.
Hoop en vertrou almal sal veilig tuis aankom.
Engele het hul beskerm.
Hoe verduidelik hy hierdie aan sy versekeringsmaatskappy