Pa, 2-jarige kind in Bonteheuwel doodgeskiet

Argieffoto: Kent Williamson

’n Pa en sy tweejarige seuntjie is Woensdagaand koelbloedig in Bonteheuwel in die Wes-Kaap doodgeskiet terwyl hulle langs die pad geloop het.

Brig. Novela Potelwa, woordvoerder van die polisie, het in ’n verklaring gesê ’n 31-jarige man het teen 19:15 met sy seuntjie in sy arms van ’n winkel in Bonteheuwelweg huis toe gestap toe ’n voertuig skielik langs hulle stilgehou het.

Twee onbekende mans het uit die voertuig geklim en op pa en seun losgebrand, het Potelwa gesê.

Volgens Potelwa is die man op die toneel dood. Sy seuntjie is na die Rooikruis-kinderhospitaal gehaas waar hy ook later aan sy beserings beswyk het.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie doen nou ’n beroep op die publiek om enige inligting rakende die voorval by sers. Lorenzo Ahrendse by 079 894 1776 aan te meld.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Fedup ·

mad hatter WILL pay for this barbaric crime. This is unacceptable.

Louise ·

Dit is so sinneloos en daar sal seker ook niks van kom nie, want die polisie is net besig om mense te treiter oor sigarette.

Morné ·

Dit sit nie in die staat se broek om enige iets aan die gangster te doen nie. In die Kaap is die gangsters baas! Hulle besit die polisie!!

TRP ·

Nee, die is vandag vir my een te erg, sinneloos, en hartseer. Vandag is daar ‘n mamma met lee arms en die skuldiges gaan seker nie aan die pen ry.

capie ·

Ek dink nie mense buite die areas besef in hoe ‘n mate die gangsters die areas regeer nie. Vir hulle is dit sport. Wat ek nog weet kan nie hier publiseer word nie.

Sarel ·

Nou net vanoggend die berig van die Matriekdogter wat kospakkies uitdeel aan de Gemeenskap en nou weer die gevolge van die Bendegeweld op die Vlakte. Die Probleem word net groter met jare en werkloisheid neem toe. Die tyd toe die Weermag ondersteuning verleen het was dit nie eintlik suksesvol nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.