Pa 40 jaar ná verkragting tronk toe gestuur

Argieffoto (Foto: Daniel Bone/Pixabay)

’n Pa (80) is vandeesweek tronkstraf opgelê nadat hy sy dogter byna 40 jaar gelede verkrag het.

Die bejaarde man is Dinsdag in die Mthatha-streekhof tot ses jaar direkte tronkstraf gevonnis vir die verkragtings wat tussen 1978 en 1984 plaasgevind het.

Sy dogter – wat 14 jaar oud was toe die verkragtings begin het en destyds swanger geraak het  –  het sedertdien alle bande met haar familie verbreek en intussen haar identiteit verander.

Luxolo Tyali, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê die verkragtings het destyds in die Ngangelizwe- informele nedersetting plaasgevind terwyl die dogter se ma as ’n huishulp in Durban gewerk het. Haar ouers was geskei en sy het by haar pa gewoon.

De dogter het weens die verkragtings in Maart 1983 swanger geraak en het ná die babaseuntjie se geboorte van die huis af weggeloop Gauteng toe. Dié baba is intussen ’n volwasse man van 37 jaar oud.

Tyali sê vaderskapstoetse is tydens die ondersoek na die verkragtings gedoen en het bevestig dat die dogter se pa ook die biologiese pa van haar kind is.

Die dogter het glo jare lank oor die verkragtings stilgebly en eers besluit om haar pa te laat vervolg nadat sy van die voormalige tenniswêreldkampioen en veroordeelde seksoortreder Bob Hewitt (78) se oortredings te hore gekom het.

Die saak is toe vanaf Gauteng na Mthatha oorgeplaas waar die ondersoek afgehandel is.

Haar pa is in Julie skuldig bevind aan verkragting nadat hy skuldig gepleit het. Sy verweer was dat hy ten tyde van die verkragtings dronk was en gedink het dat sy dogter een van sy “baie vriendinne” was, aangesien sy vrou hom verlaat het.

Die dogter – nou ’n gevestigde sakevrou – het in die voorvonnisverslae gesê sy sal haar pa nooit vergewe nie en wil niks met haar familie te doen hê nie weens die mishandeling wat sy destyds moes verduur.

“Die NVG verwelkom die vonnis met die hoop dat dit ander slagoffers van seksuele misdrywe sal aanmoedig om na vore te kom, selfs al het die misdade lank gelede plaasgevind, sodat die oortreders kan boet,” sê Tyali.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

10 Kommentare

jongste oudste gewildste
Richard

Walglik! ‘n Skamele 6 jaar? Hulle moes die vonnis lank genoeg gemaak het om seker te maak hy vrek in die tronk!

AmY

Dis nooit te laat nie.
Net jammer sy het dit nie vroeër gedoen nie. Hy moes langer gesit het.

Wielspore

Dapper vrou wat seker gemaak het geregtigheid skiet, sy was ‘n slagoffer vir 37 jaar en nou het die oortreder straf gekry vir sy optrede. Dit is een van SA se grootste probleme waar ouers versuim om hulle plig as ouer teenoor hulle kinders nakom. Ouerskap het die verantwoordelikheid om waardes by jou kinders te kweek en vir hulle die beste opvoeding te gee. Deur te pleit dat jy dronk was en jou vrou jou verlaat het en dat jy met vele vrouens verkeer het, is die swakste verskoning om jou eie dogter te verkrag, dit is walglik. Weereens, wel… Lees meer »

Yvonne

Hoe tragies vir die vrou en seun….bloedskande is verskriklik

Ellie

Net 6 jaar tronkstraf?? Dis bietjie min!!