Pa, baba sterf in brand

Argieffoto (pixabay.com)

Die polisie in die Oos-Kaap stel ondersoek in ná ʼn 12 maande oue baba in ʼn brand gesterf het.

Ao Bojabotseha, woordvoerder van die polisie, het gesê twee beamptes van Maletswai-polisiestasie het patrolliewerk in Area 13- informele nedersetting gedoen toe hulle ʼn brand naby Brickfield opgemerk het. “ʼn Vrou het gehuil dat haar baba in die brandende plakkershut is.”

Die brandweer en paramedici is na die toneel ontbied. “Die vrou se 30-jarige man was buite die huis. Hy het kritieke brandwonde opgedoen,” het Bojabotseha bygevoeg.

Die brandweer het die brand geblus, maar hulle kon nie die pa of die kind se lewe red nie. Hulle is op die toneel dood verklaar. Die oorsaak van die brand is nog nie duidelik nie.

Kol. Mpho Rabela, bevelvoerder van Aliwal-Noord, het sy meegevoel betuig met die familie en vriende van die oorledenes. Hy het die SAPD-lede geloof vir hul toewyding om stresvolle situasies te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

kriek ·

Baie jammer om te hoor. Hoekom kan die staat nie vir die mense ordentlike huise bou nie. Hulle wil te veel geld spandeer op hulle duur karre, etes en huise. Die mense moet wakker word en vir die betere partye stem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.