Pa, babaseun sterf in botsing

Foto: ER24

Foto: ER24

ʼn Pa en sy twee kinders was Sondagmiddag in ʼn trompop botsing op die R31 naby Daniëlskuil in die Noord-Kaap betrokke.

Pieter Rossouw, woordvoerder van ER24, het gesê die pa het glo met sy voertuig ʼn vragmotor verbygesteek en reg van voor teen ʼn bakkie gebots. Die pa en sy eenjarige seun is in die botsing dood. Die ander kind, ʼn driejarige peuter, is kritiek beseer.

Volgens Rossouw het die drie insittendes van die bakkie matige tot ernstige beserings opgedoen. Die beseerdes is op die toneel behandel voordat hulle na nabygeleë hospitale vervoer is vir verdere mediese sorg.

Die ongeluk word ondersoek.

Foto: ER24

Foto: ER24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Peet Schabort ·

So uiters onnodig en boonop in daardie wêreld gewoonlik ‘n oop, plat en reguit pad. Was die kinders in babastoeltjies vasgegespe ?
Wees maar GEDULDIG op die pad.

LEN ·

Peet, ek stem saam. Spoed &Padreëls is gewoonlik die oorsaak

Elsa van Zyl ·

Dit het niks met padreels te doen nie, dit was nalatig om nie seker te maak voor hy die trok verby gevat het nie! Veral nie met kinders in die kar nie!

Liewe land! ·

Elsa, dit het alles met padreels te make. Om n voertuig in sig van aankomende verkeer verby te gaan, is roekelose (en nalatige) bestuur. Dit is strafbaar.

Lyn ·

My innige simpatie met die families en vriende ,en natuurlik die moeder wat 2 sterftes moet hanteer, laat ons net bid dat die 3 jarige kleuter wat kritiek beseer is,met GENADE Sal deurtrek. Bid OOK Vir die mense in die 2de voertuig.Alhoewel Ons baie vingers kan wys,is die persoon wat dit moet beantwoord ,nie meer met ons nie.’n Hartseer tyd le nog voor vir die wat agter gebly het !!

SNEL ·

Lyn, jy het die beste kommentaar op die berig gelewer, ek stem 100% met jou saam. Baie sterkte aan die Mamma en res van die familie en ons bid vir julle en ook vir die kleinding, dat hy spoedig sal herstel.

Herman Van Graan ·

Mense asb hê respek vir die mense betrokke wat gebeur het was n ongeluk en families is uitmekaar geruk! As jy niks goed te sê het nie sê eerder niks! R.I.P. Klein man en Pappa!

Susanne van Graan ·

Ja, dit is hartseer en dit is my broer se dogter wat betrokke is, ons dink aan julle, om jou man en kind met een slag te verloor moet pynlik wees

Lyn ·

Ons is REGTIG jammer OM Dit TE verneem,,Al wat ONS KAN DOEN is bid vir sterkte, Soos Ek bo genoem het !!

Herman ·

Lyn ek het die verkeerde link geraak, ek vra verskoning! Dankie vir die meegevoel

Attie ·

Vader gaan saam die vrou en kind wat agter gebly het en bewaar word deur U genade. Amen
Ek bestuur self vragmoter vir 25Jaar was lid van vrywilige nood dienste en sien baie byna voor vale/ ongeluke. Is net daars tye wat n mens n vout maak en Ja. Net geduld en tel tot 10 anders se net die Onsevader op.

lynette ·

Ons innige meegevoel vir daardie mamma en vrou asook aan hul familie. Ons kom van daardie wereld af en het al ander vriende op dieselfde manier verloor. Sterkte ons gebede is met jul.

Janet Strydom ·

Almal van ons raak een of ander tyd ongeduldig of dit nie mooi stop is by n stop nie of by n sperstreep verbygaan nie almal maak foute. Ons gebede is saam met hierdie gesin en familie. Die persoon wat regtig kan sê wat gebeur het is nie meer hier nie. Ons kan net dankie sê dat lewens nie verlore gaan as ons n fout begaan nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.