Pa beken skuld ná dogter se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

ʼn 35-jarige man is Vrydag in die Pietermaritzburg-streekshof lewenslange tronkstraf opgelê vir verkragting.

“Die dogter se ma het haar Maandag om 06:10 in Dambuza, Edendale, by die huis gelos saam met haar pa,” het kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, gesê. “Sy het later die dag ʼn oproep ontvang van ʼn besorgde buurvrou, dat haar dogter deur haar pa verkrag is.”

Die slagoffer het aangevoer sy is herhaaldelik in haar ma se afwesigheid deur haar pa verkrag.

“Die pa het die dogter glo met die dood gedreig as sy ooit enigiemand daarvan sou vertel,” het Gwala bygevoeg.

ʼn Saak van verkragting is by Plessislaer-polisie aanhangig gemaak.

“Die man het Woensdag tydens sy eerste hofverskyning skuld beken en hy is Vrydag lewenslange tronkstraf opgelê.”

Genl.maj. Bhekinkosi Langa, provinsiale polisiekommissaris, het die polisiebeamptes geloof dat hulle al die bewyse ingesamel het om ʼn lewenslange tronkstraf te verseker.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Pastoor ·

Die Woord sê as enige liggaamsdeel jou pla kap dit af en gooi dit dit in die vuur. Want dit is beter net daardie deel verbrand word as dat die liggaam in die verderf beland. Hy moet self besluit

Karolis ·

Koos ek stem graag saam met jou.
Verder wil ek graag vir die provinsiale kommissaris herrinner, nieteenstaande waarskynlik goeie ondersoek moet jy raaksien: die man het skuld beken.

E.K. ·

Goeie straf – ek verstaan net nie hoekom kry ALLE verkragters nie ALTYD lewenslank nie. Hulle kom een of ander tyd uit en doen weer hul bose dinge. Hulle moet tronk toe en daar bly. Dink ne tnooit meer lekker son op jou vel wanneer JY wil nie, eet, slaap en doen wat jy wil wanneer jy wil, nee wat dis reg, laat hulle SIT.

Cherokee ·

So jy dog toe ‘lewenslank’ beteken regtig lewenslank. Waarskynlik verkies hulle om eerder ‘lewenslank’ gevonnis te word as 25 of 30 jaar.

christene ·

Was lewenslank maar tog net sy hele lewe lank en nie 15-20jr. Mag hy daar sy lewe aan die Here gee en tot bekering kom.

Joann ·

Pastoor jy is volkome reg. Hul moet net my die kans gee,hy sal nooit weer die selfde wees nie. Hoekom is mans so????

Lewenslank soos die van n vlieg ·

Wanneer ons regstelsel praat van lewenslank, dan verwys hulle na die lewensduur van n vlieg, of n stout hondjie wat graag karre jaag in die pad.

Poplap ·

Hoop die gemors word opgefoeter in die tronk elke dan van sy miserable lewe. Die goed kan nie gerahabiliteer word nie. Doodstraf al wat help

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.