ʼn Man is in Johannesburg in hegtenis geneem nadat hy glo sy vrou tydens ʼn bakleiery met ʼn warm strykyster gebrand het.
“Die man het sy 30-jarige vrou Maandagaand met sy vuiste bygedam toe hy by die huis gekom het,” het ao Xoli Mbele, woordvoerder van die polisie, gesê. “Hy het tydens die bakleiery glo ʼn strykyster by die muurskakelaar ingeprop en toe dit warm is, sy vrou daarmee gebrand.”
Die egpaar se agtjarige seuntjie het die voorval aanskou.
Die gesin woon naby die sentrale brandweerstasie op die hoek van Kruis en Frederickstraat in die stad. Die man was nie ʼn brandbestryder nie, maar het by die stasie gewerk.
Sy vrou is op die toneel vir haar brandwonde behandel en hy is na Johannesburg Sentraal se polisieselle geneem. Hy sal aangekla word van aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig.
Die seuntjie is fisies nie beseer nie.
Maroela die gesin woon naby die sentrale brandweerstasie en nie “woord” nie
Maroela die gesin woon naby die sentrale brandweerstasie en nie “woord” nie
Baie geluk Waks, jy het ‘n tikfout raakgesien!
Onthou om jou geskenkbewys vir ‘n splinternuwe woordeboek by die inligtingstafel te kry voor jy gaan.
Wat sou ons tog sonder mense soos jy gedoen het?
Wonder ek nou self Oom Jaap . . .
Dagsê Waks
Dankie! ‘n Tikfout het inderdaad ingesluip.
Ons wysig die berig.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media
Hahahahahaha OOM JAAP
Lol!!!!!!!!!!!