Pa, dogter (3) kom met geringe beserings uit wrak

‘n Foto van die toneel (Foto: Verskaf)

ʼn Man van Pinetown in KwaZulu-Natal en sy driejarige dogter is Saterdag laat met geringe beserings na die hospitaal geneem nadat hulle in ʼn ongeluk betrokke was.

Garrith Jamieson, Resue Care-woordvoerder, sê die ongeluk het op die M13-Noord in Fields Hill plaasgevind.

“By die aankoms van nooddienpersoneel het die erg beskadigde motorwrak langs die pad gestaan. ʼn Dokter was reeds besig om die beseerdes te ondersoek waarna Rescue Care-paramedici oorgeneem het,” sê hy.

Die oorsaak van die ongeluk is nie in dié stadium bekend nie.

Die pa en dogter is na die hospitaal geneem vir verdere mediese sorg.

Niemand anders is in die voorval beseer nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.