Pa, dogter bedrieg inkomstediens glo uit byna R1 m

(Foto: ANA)

Die dogter van ’n man wat verlede week in ’n hof in Mpumalanga verskyn het nadat hy glo die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) uit ’n groot bedrag geld bedrieg het, het nou ook in dié hof verskyn nadat haar naam by die klagstaat gevoeg is.

Thato Charmain Philane (30) het Dinsdag in die landdroshof in Nelspruit verskyn nadat sy vroeër die dag in hegtenis geneem is op aanklag van bedrog, diefstal en alternatiewelik die oortreding van die bepalings van die Wet op Belastingadministrasie.

Thato se pa, Sipho Andrew Philane (58), het Vrydag in dié hof verskyn op aanklag van bedrog en diefstal.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê pa en dogter word daarvan beskuldig dat hulle in April 2017 saam met ’n derde party saamgespan het om die maatskappy Sipho Zethu Trading CC te laat registreer waarna R995 370,56 onregmatig by die SAID geëis is.

Thato is die direkteur van Sipho Zethu Trading CC. Geld is van dié maatskappy se bankrekening na Sipho se persoonlike bankrekening oorgedra.

Thato is Dinsdag nes haar pa borgtog van R5 000 toegestaan. Die saak is tot 14 Desember uitgestel wanneer hulle na verwagting saam in die hof sal verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Die Wolf ·

Ek wens ek het so n kreatiewe brein gehad wat mense gebruik om sulke groot SALARISSE te verdien.

Persheks Adri ·

R5 000 borg? Nee hel man dís hoekom mense so skelm is en nie huiwer om sulke goed te doen nie

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.