Pa, dogter op hoewe buite Pta aangerand

Argieffoto: Lorraine Claasen

ʼn Pa en sy dogter is Donderdagaand in hul huis op ʼn kleinhoewe noord van Pretoria aangeval.

Sers. Margaret Molani, woordvoerder van die Hammanskraal-polisie, het Vrydag aan Maroela Media gesê drie verdagtes het omstreeks 23:45 op die kleinhoewe in die Bultfontein-omgewing toegeslaan.

Die man was saam met sy dogter en seun by die huis tydens die aanval.

“Die man het sy honde hoor blaf en is na buite om te gaan ondersoek instel. Toe hy terugkeer na sy huis het drie verdagtes hom oorval en met ʼn ysterpyp aangerand,” het sy gesê.

Molani kon nie bevestig of die verdagtes enige wapens by hulle gehad het nie. Die verdagtes het die man se dogter ook aangerand voor hulle van die toneel gevlug het.

Die man het ná die aanval self die voorval by die Hammanskraal-polisie aangemeld, waarna hy en sy dogter na ʼn hospitaal gegaan het. Dit is nie duidelik hoe ernstig die slagoffers beseer is nie.

Molani kon nie dadelik die slagoffers se ouderdomme bevestig of bewerings dat ʼn kwadfiets glo gesteel is nie.

Sy het gesê ʼn saak van aanranding met die doel om ernstig te beseer is aanhangig gemaak en word ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Leerasb ·

‘…is na buite om ondersoek in te stel’. Asb, mense. Hoe jammer ek is vir hierdie mense en bid vir kalmte en herstel, hierdie frase kom in bykans elke geval van geweld op plase, plotte, huise voor. Mens roep hulp in van buite, moenie self gaan ondersoek instel nie!

Lezette ·

Wat moet jy doen, as jou hond blaf gaan mens mos kyk. Of is em totaal verkeerd. 3/4 van die “plotbewoners” is so beveilig. Elektriese drade, sekuriteit, wattsup groepe ens. Wat nounog!

Cherokee ·

Anoniem & al jou vriende, daar word ook vertel van wit gepleisterde grafte.

Liezl ·

Lezette..NEE NEE NEE NEE… jy gaan nie kyk nie, KLAAR. Jy is maar eerder bang JAN as dooie JAN. Jy bel maar sekuriteitsmaatskappy om te sê hulle moet maar rondte kom doen.

Katryn ·

Dis so jammer dat ons mense so in vrees moet lewe. Maar asb mense, en dit geld vir dorps bewoners ook, MOENIE UITGAAN OM ONDERSOEK INTESTEL NIE!. Bly binne en bel jou naaste bure of reaksie eenheid.

Ella ·

mense moet ophou om altyd ondersoek te wil doen en uitgelok te word. wanneer gaan hulle hoor.

Hoeveel keer .. ·

Mens wonder hoeveel van hierdie aanvalle nie sou plaasvind as boere sou binne bly as honde blaf of geluide buite gehoor word.
Ai ! Nee wat.

Piet Pille ·

Stem saam met die meeste kommentare: MOENIE UITGAAN-bespied van binne jou woning en sorg dat daar goeie beligting buite is om dit te kan doen van binne af. Kontak ook dadelik bystand.

Marietha ·

Ons is so 4 maande terug ook aangeval op Bultfontein en weet wag steeds vir speurders van Hammanskraal om by ons uit te kom . Hul pateties. Saak no en inspekteur se naam gekry maar tot op hede skitter hy in afwesigheid. Hul al geruime tyd in ons area besig maar niks gebeur

Cherokee ·

En julle doen niks om dit op te volg nie? Dìt is waarom dit gebeur, julle dra by want julle verdra dit.

LB ·

Hou asb die honde binne..ook groot honde pas vinnig aan en geniet die aandag. Voer hulle vroeg en wissel tye wanneer hulle laaste draai gaan loop. Dit het by ons al menige inbreker afgeskrik en die honde floreer op die aandag, Hulle is mos ook deel van die familie of hoe dan nou?

Jaco ·

Geen vuurwapen saam geneem na buite. Nee mense, begin dink, meeste van hierdie persone was in die weermag of SAP, jy gaan nie uit sonder ‘n wapen nie.

Jakes ·

Welkom in die NUWE SA, ek is ‘n ou SAP lid, en ek moet sê daai tyd voor 94 was sulke misdaad ons kos. Ons kon nie vinnag genoeg by die toneel uitkom om die terroris te vang nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.