Pa, dogter sterf saam

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

Die polisie is op ʼn toneel by ‘n huis in Boksburg aan die Oos-Rand waar ʼn pa, vermoedelik 60, en sy 30-jarige dogter doodgeskiet is.

Maroela Media verneem die pa het vermoedelik sy dogter geskiet, waarna hy selfmoord gepleeg het. Daar was glo vier tieners in die huis tydens die skietery.

Athlenda Mathe, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is omstreeks 07:00 na die huis in Dawn Park, uitbereiding 2, ontbied.

“Die pa en sy dogter was reeds dood toe paramedici by die huis opgedaag het. Albei het skietwonde opgedoen,” het Mathe gesê.

Sy het gesê Netcare 911 het traumaberaders na die toneel ontbied om die vier tieners, onderskeidelik 11, 13, 16 en 19 jaar oud, te behandel.

Die oorsaak van die skietery is nog nie bekend nie. Die polisie kon nie dadelik vir kommentaar bereik word nie.

OPVOLG: Rusie lei glo tot Boksburg-skietdood

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

liewe aarde ·

Liewe aarde wat gaan aan, niks kan tog so onuitsorteerbaar wees nie en dan nog nie die kinders in ag neem nie. Sjoe mense sit bietjie stil en praat ‘n slag.

Varkie ·

Nee glo my mense kan nogal woedend vir mekaar raak, my vriende se ouers skreeu gereeld so erg op mekaar as ek daar kuier dat dit so onaangenaam is dat ons nie eers meer in die huis kan sit nie… die sit om n tafel en praat dinge uit werk ook nie as dit oor geld gaan nie

m ·

Sjoe , lyk my geweld het die oplossing vir alles geraak. Dis so hartseer. Sterkte aan die familie.

Arno ·

Aai dis tragies! Sterkte aan die kinders wat agterbly. Mag ons Hemelse Vader vir julle berusting bring.

Gesiggie ·

Ag nee vader tog, hoekom nou terwyl daar ander 4 tieniers ook in huis is? en hoekom jou dogter ook skiet” dit is so sad… jammer vir die kinders wat dalk moes aanskou wat gebeur het… wat gaan aan in hierdie land van ons… Moord, Selfmoord.. ??? dit raak net erger???

lynette ·

Waar was ouers van kinders? Dit kon onmoontlik die 30jarige vrou se kinders wees.

pop ·

Mense raak uit geld uit, almal is bang, en kwaad en haat vier hoorty!!!! Ek sien al meer in my buurt die sleg wat deurslaan oor die situasie in die land.

Rina Willemse ·

Dit is so oneindig hartseer om hiervan te lees! Geweld is geen oplossing vir probleme nie en mens sou verwag dat ‘n pa tog meer wysheid en begrip kon toon. Voel so jammer vir die tieners. Mag hulle hulp en bystand ontvang om hierdie trauma te verwerk.
Sterkte en simpatie aan die familie(s)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.