Pa, dogtertjie sterf na voertuig in rivier beland

Erik en Limor Adendorff. Foto: Facebook

Erik en Limor Adendorff. Foto: Facebook

Erik Adendorff (33) en sy sesjarige dogtertjie Limor is oorlede nadat die gesin se voertuig in ‘n rivier beland het naby hul plaas tussen Frankfort en Oranjeville in die Vrystaat.

Fanie Adendorff, Erik se pa, het aan Maroela Media gesê Erik, sy vrou Louisa, Limor en die eenjarige Stephani was Saterdagmiddag op pad terug huis toe nadat hulle vir die dag in Frankfort was. “Louisa is besig om ‘n biltongwinkel in die dorp oop te maak en Erik het nog kaste gaan insit,” het Adendorff gesê.

Hy sê sy seun-hulle was op ‘n plaaspad sowat 5km van hul huis toe daar glo skielik beeste in die pad was en Erik hard moes rem aanslaan. Volgens Adendorff was dit naby aan ‘n laagwaterbrug en Erik het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor voor dit in die rivier beland het.

Louisa kon daarin slaag om Stephani uit te haal en het saam met haar deur een van die voertuig se vensters na veiligheid geswem. “Sy het gesien Erik en Limor kom nie uit die rivier uit nie, en het dadelik om hulp gaan soek by omliggende plaashuise,” het Adendorff verduidelik.

Hy sê die rivier is sowat 5m diep en polisiebeamptes van Frankfort kon nie daarin slaag om Erik en Limor uit die water te kry nie. “Polisieduikers van Welkom is ontbied en het Erik en Limor se liggame Sondag uit die water gehaal.”

‘n Bewoë Adendorff het aan Maroela Media gesê hoewel mens nie so tragedie kan verstaan nie, “dit die Here se wil is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Robert O'Reilly ·

My maat eric. Hy was nie enige plaas boer nie. Hy die die boer van die vrystaat af. Hy was daie ou wat ice ice baby as n tiener gesing het. Hy was die ou wat saam met sy dogtertjie robbie wessels gesing het, kliphard in sy isuzu op pad na die hengel waters toe. Plat op die aarde. Da was niks wat hom gepla het nie. N gewone ou, met n groot hart. N wyse man. Ons sal hom mis. Eks bly ek kon n ou soos hy geken het. Al was dit so n kort tydperk. Aan die oulikste dogtertjie in wereld. Limor. Sy wou altyd Ariel van little mermaid gewees het. Da was ma altyd n smile op ha klein gesiggie. Never a dull noment.

Ronel du Plessis ·

Erik, mag jy en jou dogtertjie in vrede rus. Ek sal jou onthou as die skool outjie met die ondeunde glimlag in sy oe. Sterkte aan sy ouers, suster en vrou en kind in die moeilike tyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.