Pa dood, seun kritiek ná VS-plaasaanval

Argieffoto (Foto: Unsplash)

’n Boer is dood en sy seun in ’n kritieke toestand nadat hulle in hul plaashuis in die omgewing van Hennenman in die Vrystaat oorval is.

Brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, sê ’n werker van die gesin het Vrydagoggend omstreeks 05:00 op die pa en seun in die plaashuis afgekom nadat die boer se vrou haar gebel en gevra het om ondersoek in te stel.

Die boer se vrou was nie tuis ten tyde van die aanval nie en kon hulle nie in die hande kry nie waarna sy die werker gekontak het.

Die 56-jarige boer is vermoedelik in die huis oorval en in die kop geskiet. Sy seun (26) is vermoedelik met sy aankoms tuis oorval en in die rug met ’n skerp voorwerp gesteek.

Die werker het vanoggend familie van die slagoffers gekontak waarna die polisie na die plaas ontbied is. Die pa is vanoggend op die toneel dood verklaar en sy seun na ’n hospitaal gehaas.

Dit word vermoed dat een of twee vuurwapens in die aanval gesteel is.

Dit is nie in dié stadium duidelik hoeveel verdagtes by die aanval betrokke was en hoe hulle van die toneel gevlug het nie.

Marius Müller, nasionale operasionele koördineerder van AfriForum, sê die seun word tans in ’n hospitaal in Welkom behandel.

“Sy toestand is kritiek.”

Dit is minstens die derde plaasmoord in net meer as ’n maand in dié provinsie.

Dít volg na die moord op Brendin Horner in die omgewing van Paul Roux asook die moord op Dave Wessels buite Viljoenskroon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Smurf ·

EFF ? Hulle word aangehits om sulke gruweldade te pleeg en plase aan die brand te steek en alles te verwoes……dit is hulle motto.

Kokerboom ·

Absoluut tragies. Ekt NIE meer woorde Nog ‘n statistiek en regering voel vere!!!Sy boewe element doen hul werk en hul is ‘n armlengte ver!!!

ES ·

Sterkte aan die familie…

Dis vreeslik tragies en al wat ons kan doen is om toe te kyk hoe die hele boerevolk uitgewis word.

Lorna ·

Ag toggie waarom
Ons weet wie sit agter die aanvalle hul wil ons bloed sien vloei
God wees met famielies en vriende Amen
Ek nie teen optogte nie ek op al die groepe maar wat help dit

Werner ·

Ons het n ruggraadlose volk geword hulle maak met ons wat hulle wil want hulle kan

Gert ·

Absoluut onaanvaarbaar dit moet nou stop, Pieter Hills was ‘n saggeaarde ou gewees R.I.P ou grote en sterkte aan Antonette en familie

Dup ·

Hierdie gemors gaan nie stop nie.Die geel en groen t hemde en rooi pette is almal kop in een mus.Indien dit nie so is nie waarom duur hierdie aanvalle voort? Ek het gedink Islamitiese terroriste is wreed en gewelddadig maar hierdie optredes is op dieselfde vlak.

Andre ·

Om Godsnaam; hoe lank gaan dit nog duur dat mense een vir een van die draad geskiet gaan word soos voëls. Ons is nou in die grootste gevaar sedert 1994

Androclus ·

Kan daardie woordvoerder van die polisie nie die plaasmoorde net so deur stuur na Beki toe nie dat hy self kan sien die datums en wanneer die goed plaasvind nie.ASB

Anel ·

Hy voel ‘n veer. Hy het dan nog niks gesê nie, of die familie besoek nie. Net’ n bewys van hy keur dit goed. Om nie eens van ou ramaparra te praat nie. Geen respek vir enige van bulle nie.

Dollatjie ·

God slaap nie…..daaraan hou ek vas. Die onskuldige bloed op die ANC en kie se hande sal nie ongestraf bly nie. My hart gaan uit na die familie. Ons bid dat die Heer julle sal dra en vertroos . Asb. Boere dra julle wapens dag en nag aan julle lyf. Slaap met een oog oop want die aanslag teen ons mense is fel.

Grassie ·

Malema & Kie het hul “kill a farmer” liedjie op Senkal buite die hof gesing tydens die twee aangeklaagdes se verskyning. Daarmee het hulle die twee se optrede ondersteun, eintlik verdere moorde aangehits. Hulle is mede verantwoordelik vir die vlaag moorde en brandstigtings wat nou veral in die Vrystaat plaasvind, maar hulle stap skotvry buite rond. Dit lyk vir my hulle is onaantasbaar.

LiveAndLetLive ·

Die woede wat in mens opkom wanneer hierdie moorde gepleeg word is onbeskryflik, dit is agv narrow minded mense soos Malema en sy skape wat net nie kan insien dat hulle eintlik skade aan hulle eie mense ook doen deur boere te vermoor nie, hoekom hy hoegenaamd toegelaat word om enigsins vry rond te loop en te kan se net wat hy wil moet STOP – dit moet vinnig STOP.
Sterkte aan hierdie arme mense se familie.

Werner ·

Volgens Radio Pretoria is daar nog n boer dood geskiet by Memel ook so die EFF se oorlog woed voort

Persheks Adri ·

Goeie genade nog sinnelose moorde en wie moet ons bedank die ANC en EFF! Steeds doen Cele nie sy werk nie tsssk maar hy soek meer mag! KILL THE BOER is mos hulle motto…

Ek hoop van harte dat die seun die aanval sal oorleef!

Dup ·

Die polisie en weermag gaan nie die kwesbare en afgeleë boeregemeenskappe beskerm nie.Kan Afriforum nie werklose jong mans mobiliseer om genoemde plase te help beskerm teen sulke aanvalle nie? Soortgelyk aan buurtwagte in stede en dorpe.

Louis ·

En so sal ons 1 vir een van die gras afgemaak word. Ons mag, kan en wil niks doen nie, ons hande is afgekap. Ek het as jong seun van 10 jaar + dikwels alleen op die plaas agtergebly as my ouers iewers heengegaan het. Vandag ys ek as ek terugdink daaraan en hoe ons someraande buite op die grasperk gekuier en die naghemel bewonder het. Dank die Here ons het veilig anderkant uitgekom! Ek weet nie wie sien meer kans om op ‘n plaas te bly en te boer om die massas te voorsien van kos? Hoe kan mens soggens uit jou huis gaan want wie skuil daar iewers en wag om jou af te maai. Ek onthou nog hoe ek wintersoggende terwyl dit nog donker was moes uit om die melkkoeie stal toe te bring, wie kon daar gewag het in die stal? Snags het ek 2/3 keer per nag na die melkkoeie se kraamhok gegaan om te kyk of als reg is, ek kon net so wel afgemaai gewees het. Sondae teruggekom van die kerk, altyd eers gewag dat die honde hek toe kom, dan om die huis geloop om te kyk of al die deure en vensters toe is…

Marshall ·

One cannot win a DEFENSIVE WAR. This is undiundisputed among all conflict strategists from Sun Tsu to Napoleon. We must stop ignoring the well founded texts on conflict strategy and concentrate on an offensive response strategy, like secession. This would immediately result in a defensible border. The current border is almost infinite and thus indefensible. THE UNITARY STATE IN SA IS DEAD.

david ·

En dan is daar werklik diegene wat beweer ons moet met die Regime gesels…hoelank moet ons nog praat ?
Wat dink die kritici nou van die boere en Senekal ?
Moet ons wittes maar aanhoudend die hou op die ken vat ?

Is hierdie aanvalle deel van die veel geroemde TRANSFORMASIE van die regering ?
Transformeer met geweld totdat daar geen witmens oor is om te transformeer nie….!!!

Cornelius ·

En niks maar niks word deur die staat of die patetiese of sal ek sê Mafia polisie gedoen om die plaas aanvalle te stop nie. Plaasmense moet hulle self beveilig deur hoë mure of staal heining en elektrifisering daarvan.

Snowball ·

‘n Mens kan eenvoudig nie meer hierdie berigte lees en nie voel of jy van jou sinne beroof word nie. Elke keer moeiliker om te bid vir kalmte, vir vrede, vir krag vir die flenters families wat agterbly en dit moet verwerk. Soos lammers ter slagting… harte ineengekrimp, maar magteloos wag ons vir die volgende helleveeg terwyl politici van verhoë af dreunsang vir die dood van boere. So lyk ons hel, ons realiteit in SA.

Elmarie ·

Dit laat mens sprakeloos van woede, ongeloof en hartseer. Die ou spreekwoord? Elke hond kry sy dag. Hulle dag sal kom. Wanneer ookal.

Blomme ·

Hoe kan mens ń Nasie in eenheid bou as jy met sulke wrede, gevoellose skurke sit? Om alles te kroon sit jy met ń ruggraatlose regering. Ek dink ons het ń president in die vorm van Trump nodig.. ń Leier wat nie terugdeins om standpunt in te neem nie. Veral nie teen narre soos die sensasie soekende EFF nie. Sulke skurke moes lankal pad op gestuur gewees het.

Johan David ·

Weet julle mense……….hierdie kan wragtig nie meer so aangaan nie!!!!!!!! Ons arme mense is besig om ons mense te verloor in die oorlog……………..optogte, praat en smeek werk nie meer nie………. het nog nooit nie!!!!!! Weet nie wat plan B is nie…….maar ons moet regtig met ñ plan B opkom!!!!!

Gert Johannes ·

Waarom dié berig twee kere plaas op dieselfde dag, MM??.,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.