Pa doodgeskiet ná motor sonder petrol staan

Rusa-beamptes is omstreeks 20:12 na die toneel ontbied (Foto: Rusa, Facebook)

ʼn 38-jarige man is in eThekwini, KwaZulu-Natal, ten aanskoue van sy vrou en tienerseun doodgeskiet nadat hul motor sonder brandstof langs die pad gaan staan het.

Volgens Prem Balram, woordvoerder van Reaction Unit South Africa (Rusa), is die gesin Woensdagmiddag na die middestad van Verulam om skoolklere vir die 13-jarige seun te koop.

Op pad terug na die gesin se huis in Buffelsdraai, eThekwini, het die gesin se blou Honda Mobilio sonder brandstof gaan staan – sowat 200 meter van die huis af.

Die man het skietwonde in sy kop en bors opgedoen (Foto: Rusa, Facebook)

“Die man het verbygaande motors se aandag probeer trek om die gesin te help. ʼn Rooi Toyota Tazz het stilgehou. ’n Passasier het uit die voertuig geklim en sonder waarskuwing skote in die rigting van die gesin se motor afgevuur. Die Tazz het daarna weggejaag,” bevestig Balram.

“Gemeenskapslede het Rusa om 20:12 na die toneel ontbied. Met beamptes se aankoms op die toneel het die man reeds aan sy skietwonde beswyk. Hy het skietwonde in die kop en bors opgedoen.”

Die vrou en tienerseun het ongedeerd van die voorval afgekom.

Maroela Media het navraag aan die polisie gerig en wag nog op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Jack ·

Wel die KZN provinsie is vinning besig om die mees geweldadigste provinsie in die land te word.Bly weg.

Marcello ·

Dit is so jammer, want as kind was dit ons lekkerste vakansies, om Durban toe te gaan

Cherokee ·

Ek wed julle daai Rooi Tazz se registrasienommer is nie KZN nie!

Shakespeare ·

Hierdie verwoestende, moordlustige, korrupte, etniese genes is oorvoedig in ons land en sal NOOIT verander nie.

piet ·

200m van die huis af. Hoekom sou hy probeer om ander motoriste te vra om te help so naby sy huis. Maak nie sin nie, berig is seker weer verkeerd.

Deonne ·

Ek dink nou aan presies dieselfde ding, as jy 200m van die huis af is, dan stap jy.

tweeling ·

Ja sê dankie vir de Klerk anderste het jy dalk in ‘n bom ontploffing gesterf

KB ·

Die Wilde Weste herleef in Suid-Afrika.
Genade, is daar geen respek vir ʼn lewe meer oor nie?

Catherina ·

Geen wonder so baie van ons kinders in veilige lande nie…..en daar is sulkes….

SlinkseKoljander ·

Waar is on onbehulpe minister van verdediging? Mens hoor nie n woord van hom nie, hy sit seker en drink by die huis.

Peach ·

Andre, jy sal nie van “hom/hy” hoor nie want, dit is ‘n “haar/sy”…..

Cherokee ·

Wanneer ons die koerante lees, lyk dit weer of die Gautengelengers en Wes Kapenaars die meeste kroeks huisves.

Belinda ·

Nou vra ek, hoekom sal daar net op hom geskiet word sonder rede? en so naby van die huis? iets maak nie sin nie.

koos ·

Hier klink iets nie reg nie. Dit is onwaarskynlik dat ‘n verbygaande motoris iemand sommer so sal vermoor. En hoekom 200m van sy huis af? Ek ruik ‘n muishond hier.

Marcello ·

Wow!!!!!! dit klink soos die Wilde Weste….Welkom, dit is hoe dit mos gaan in die nuwe SA.

Sean ·

In daai selfde area is daar gister n reaksie offisier van sy wapen beroof

John ·

Jy gaan staan 200 meter van jou huis af…hoekom stel jy jouself in gevaar deur ander motoriste te probeer stop vir hulp?

Linda ·

Sjoe, dit is nie eers veilig op paaie nie. n Gesin uit mekaar geskeur vir niks. Oorlog land.

My siening ·

Die mense het die wreedste provinsie geword, gevoellose KwaZulu is baie ras behep!

Genis ·

Hierdie mooi land van ons in sy kanon in… Die ANC het seker gemaak alles word vernietig… SAPD is een van die mees korrupste/onbevoegde staats instansies….

Mariana ·

Liewe aarde soveel bloedvergieting afgelope tyd. Onnodige sterftes. Dankie Cele en kie.

Waarnemer ·

200m van sy huis af????Waarom sal hy verbygaande motoriste wou stop…binne loop afstand van sy huis af….maak nie sin nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.