Pa druk glo seun se kop in pot vol kookwater

Captureʼn Man het Woensdag in die Musina-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot moord nadat hy glo sy seun se kop in ʼn pot vol kookwater gedruk het.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die polisie, sê Naledzani Ndou (23) sal weer op 26 Maart in die hof verskyn wanneer hy na verwagting om borg sal aansoek doen. Ndou het glo sy vyfjarige seun daarvan beskuldig dat hy mopaniwurms gesteel het wat hy besig was om te kook. Ndou het toe glo sy seun se kop in die pot vol kookwater gedruk. Die seun het ernstige beserings aan sy gesig opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Rentia ·

Net soos ek dink, nou het ek alles gehoor, is ek opnuut geskok! En die kind is maar 5? En die pa is 23? Is dit wat gebeur wanneer kinders, kinders maak?

Bianca ·

Nee Rentia, jy kan nie veralgemeen nie. Ek het my kinders op ‘n jong ouderdom gehad, ek was 20 met my 1ste seun en ek het en sal nooit in my lewe so iets doen nie. Ek probeer om die beste ma te wees en my man was ook jonk maar het nooit so iets aangevang nie.

william ·

Met ander woorde ,die mopanie wurms is meer werd as sy seun. Die samelewing is siek en die die oplossing is voor die handliggend. Soek eers die koningkryk . Die mens moet eers weergebore word(geestelik) Die oplossing le in onsself.

Elsabe Jansen van Vuuren ·

Dit is siek al wat ek kan se en dit nog jou eie kind. Kind het geen weerstand teen daai boelie wat hom self n pa wil noem nie. Mag hy eendag swaar gestraf word. Jy is siek my vriend nie eers n dr kan jou help nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.