Pa en baba saam vermoor

Argieffoto: Nico Strydom

ʼn Pa en sy sewe maande oue baba is Woensdagaand in hul huis op Veeplaas in die Oos-Kaap doodgeskiet in ʼn voorval wat volgens polisie na ʼn huurmoord lyk.

Kapt. André Beetge, Oos-Kaapse polisiewoordvoerder, sê die 40-jarige man, ’n 32-jarige vrou en hul babadogtertjie het saam in dieselfde bed in hul huis in Mabasostraat geslaap toe twee verdagtes die huis se voordeur omstreeks 22:00 oopgeskop het.

Een van die verdagtes het verskeie skote op die pa en baba afgevuur terwyl die ma onder die beddegoed weggekruip het.

Volgens Beetge het beide pa en dogter, intussen as Siyabulela en Asesakhe Vena geïdentifiseer, op die toneel gesterf. Die ma is wonderbaarlik nie gewond nie.

Die twee verdagtes het met leë hande van die toneel gevlug. Die motief vir die moorde is op die stadium nog onbekend, sê Beetge, maar alle moontlike leidrade word ondersoek.

Die polisie doen ʼn beroep op enigeen met inligting rakende die voorval om kol. Willie Mayi by 082 697 5914 te skakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

Daai ·

Daai Ma weet verseker van iets. skiet n 7 maande baba dood wat nie kan getuig nie maar skiet nie n volwasse vrou eers raak nie? ag asb.

melanie ·

Ag sies man hoe wreed kan mens wees? Die arme mense, vervloek is julle wie hiervoor verantwoordelik is

honourable member ·

Dis omdat daar geen afskrikmiddel vir moordenaars is nie. Hulle weet hulle gaan niks oorkom nie. n Lewe het baie goedkoop geword in hierdie land.

Nicks ·

Die ma het onder die “beddegoed” weg gekruip. Ja, ‘n koeël kan mos nie deur ‘n kombers skiet nie? “Se-ma-net”

Lindtjies ·

Snaaks dat die ma nie gewond is na so ‘n wilde geskietery nie. Lyk eerder of iemand die pa en baba uit die pad uit wou hê.

LÍEWE GENADE,TOG! ·

LIEWE GENADE TOG…!!!
Maar dié ma,moet omtrent ‘klein’ wees om WEG TE KRUIP ONDER DIE BEDDEGOED EN NIKS OOR TE KOM…
ek ruik ñ rot…

Mads ·

Dit is ontstellend. My hart breek vir die toestand waarin ons land is en wat toegelaat word. Bring doodstraf terug!

Gaitsigubib ·

Dan dink ek sou Vicky Momberg die eerste persoon wees wat die doodstraf ontvang het. Ag nee wat die wat nog kerm oor die doodstraf maak seker n grap. Mens kan mos nie soveel mag plaas in die hande van n persoon wat sy pos gekry het op grond van die kleur van sy vel nie? Indien dit geen rol gespeel het nie was dit n ander storie maar dit het wel.

Petro ·

Ek stem met jou. Ons kan nie dit waag in die land waarin ons nou woon nie. Reg en geregtigheid in hierdie land is kleur gebaseer.

Elsje ·

Nee wat, daar n stink rot in die storie, mense skop deur af…kom in …skiet wild en wakker….ma kruip onder beddegoed weg…al mal dood en sy word nie eers gewond nie…hhmmm….nie reg nie. …

Gert J ·

Iets klink nie reg nie. Vraag: Hoe kan die vrou ongedeerd wees na verskeie skote?? En die aanvallers laat wegkom??? Vreemd!!!!

Rika ·

Rerig onder die komberse en geen skoot tref haar nie ek glo nie so nie ek ruik n rot en n grote

$ ·

Sjoe julle, ‘n vrou het haar man en baba wreed verloor en almal ´ruik ´n rot’; ek kan darem nie dink dat ´n vrou wat ´n moord op haar man beplan het ook sou reël dat die baba doodgeskiet word nie???
Mag julle almal om verskoning vra as al die rotte wat julle ruik doodgebore blyk te wees.

US$ ·

@$, jy sal verbaas wees hoe baie word dit gedoen, kyk net hoeveel ma’s los hulle babas pas na geboorte in asblikke.

Lizelda ·

$ ek dink NET soos JY mag ons ander ook kommentaar lewer. En ja my hart gaan uit want wie kan so boos wees om n 7 maande oue baba te vermoor maar REGTIG die ma het onder die beddegoed weggekruip en die rowers besluit om eerder n 7 maande oue baba te vermoor as die volwasse vrou. Nou as JY nie n rot ruik nie weet ek nie.

Cecile ·

Het ook 1ste by my op gekom, maar nou ja oordeel le nie by ons nie. Sal maar moet wag vir voĺledige ondersoek.

Sanet ·

Niks, eers meer skokkends om te lees, van mense is doodgeskiet of gemoor nie…
hoe HARD het,die hartelose misdadigers ONS, nie gemaak nie…dis tragies verby… en dit hou net aan en aan…
HARTSEER om te hoor ñ onskuldige baba en pa is koelbloedig vermoor ?? en hóé ‘vreemd’ dit ookal voorkom,dat ‘mev’ van geen gemene spel wus nie en in ñ vuurpeleton van koeëls oorleef, kan mens net oor wonder…
ons HOOP maar vir haar part…. sys werklik onskuldig en sal genees v die trauma….

Karlien ·

Ag asb. Julle ruik nie vanself rotte hier nie Sherlocks.
Die berig insinueer dit deurgaans.

Diefie ·

Laat ‘n baba se lewe vandag, niks beteken nie. Die dag wanneer al die misdadegers uit die parlament en polisiemag verwyder is, dan sal dit beter gaan in ons pragtige land. Hoe hartseer is dit nie.

Heksie ·

As hierdie ‘n huisroof was, was die ma ook vermoor … lyk eerder na ‘n huurmoord …

Kraai Hartzenberg ·

Nee hel wat moet n mens nou glo. Huurmoord of te not. Dit is steeds grusaam. Hoop die skuldige word gou aangevat. hoeveel moet ons nou nog verduur????????een of ander tyd moet dit stop gesit word.

Meisie ·

Hoe druk jy nie jou baba onder jou in om hom te probeer beskerm nie.

Poppie ·

Toe ons ‘n gewapende roof gehad het, het ek op my 2 kids probeer le (al was hul amper net so groot soos ek) om hul te probeer beskerm. As daar geskiet word, dat ek die punishment moet vat….

Lizelda ·

Ja, Poppie dis mos n moeder instink om dadelik jou kinders te beskerm, nie jou 7 maande oue baba to los en jy “kruip” onder die beddegoed weg nie. As dit kom by jou kinders dink jy nie aan jou veiligheid nie net jou kinders s’n.

Lizelda ·

$ ek dink NET soos JY mag ons ander ook kommentaar lewer. En ja my hart gaan uit want wie kan so boos wees om n 7 maande oue baba te vermoor maar REGTIG die ma het onder die beddegoed weggekruip en die rowers besluit om eerder n 7 maande oue baba te vermoor as die volwasse vrou. Nou as JY nie n rot ruik nie weet ek nie.

LD ·

Ai mense! Sê nou maar net dit was ñ huurmoord, sou die vrou dan nie seker maak sys nie in die vertrek as dit plaasvind nie bv. was toilet toe….. Ek meen as dit ek was sou ek te bang wees hulle skiet my “perongeluk” raak. En met so iets skrik jy so groot dat jy nie tot verhaal kan kom oor wat besig is om te gebeur nie, baie mense vries in sulke omstandighede, ek weet want dis presies wat met my gebeur. Wil graag iets doen maar kan dood eenvoudig nie beweeg nie…..

charmaine ·

Ek sal my baba gryp en wegkruip….maar sy kruip onder beddegoed weg en oorleef? Nee wat kyk maar of sy polisse op die 2 se name gehad het of dalk n boyfriend.

Anria ·

Ek stem saam oor die boyfriend. Die ma is dalk onskuldig in die sin dat sy nie dit beplan het of iets nie. Maar daar is dalk n boyfriend wie haar man en kind uit die pad wou he. Niemand breek in, skiet die man en baba dood, maar los die vrou net so nie. En vlug dan met niks.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.