Pa en dogter in huis in Bellair aangeval

Rescue Care paramedici is na die voorval na die huis ontbied (Foto: Verskaf)

’n Pa en sy dogter is Donderdagaand ernstig beseer toe hulle in Bellair in Durban aangeval is. Hulle is glo net voor 20:00 in hul huis in Seaglenweg oorval.

Volgens Rescue Care Paramedics is paramedici saam met veiligheidsbeamptes van Blue Security ná die aanval na die huis ontbied.

Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die pa (in sy 50’s) en dogter (in haar 30’s) ernstig beseer aangetref.

“Pa en dogter is albei op die toneel gestabiliseer voordat hulle per ambulans na ’n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere mediese sorg,” lui ’n verklaring van Rescue Care.

Rescue Care sê dit is nog nie duidelik wat presies gebeur het of wie die polisie genader het nie.

Die polisie was op die toneel en ondersoek tans die saak.

Maroela Media het ’n navraag aan kol. Thembeka Mbhele, polisiewoordvoerder, gerig en wag nog vir terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

JohanR ·

Hoe in die land hou jy jouself en jou naaste veilig? Hulle breek nou sommer jou voordeur af met ‘n koevoet in die dag lig, met jou en familie IN die huis. Hoop die man en sy dogter herstel volle.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.