Pa en dogter van Noordwes doodgeskiet

polisie-huisroof-crime

Argieffoto: SAPD/Facebook

ʼn Pa en dogter van Noordwes is Vrydagaand koelbloedig in hul huis doodgeskiet.

Maj. Pelonomi Makau, woordvoerder van die polisie, het gesê die 64-jarige man, sy 24-jarige dogter en haar 14-jarige niggie was by hul huis in die Magogwe Tar-nedersetting naby Potchefstroom toe drie mans omstreeks 19:00 by die huis ingebreek het. Die verdagtes het die man, wat glo ʼn taxi-eienaar is, van agter in die kop en rug geskiet voordat hulle sy dogter in haar rug geskiet het.

“Die verdagtes het na bewering vyf selfone en ʼn onbekende hoeveelheid geld gevat voordat hulle op die vlug geslaan het,” het Makau gesê. “Die niggie is ongedeerd gelaat en kon na die bure hardloop om hulp te kry.”

Makau kon nie bevestig of die moord met taxi-geweld verband hou nie en het gesê die motief vir die misdaad sal deel vorm van die ondersoek. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

Die polisie het ʼn beroep gedoen op mense met meer inligting om die ondersoekbeampte by 079  897 1910 of die Mmabatho-polisisestasie by 018 3877 500 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Strussbob ·

Hierdie berig maak my verstaan hoekom die Siriërs alles in hulle vermoë doen om weg te kom van diegene wie geen ontsag het vir n ander se lewe nie. Niks met kleur te doen nie maar alles met hebsug en jaloesie.

Dave ·

Persentasiegewyse word hoeveel moordenaars gearresteer? Indien hulle gevang word, word dit miskien nie so wyd gepubliseer maar die nuusprentjie lyk asof vele net bloot verdwyn.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.