Pa en seun (10) geskiet; twee vas

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Argieffoto (Foto: imgkid.com)

Twee mense is in hegtenis geneem in verband met ʼn skietvoorval by ʼn huis in Parkwood in Kaapstad waartydens ʼn 10-jarige seun dood en sy pa gewond is.

Kapt. FC van Wyk, woordvoerder van die polisie, het gesê die omstandighede rondom die voorval omstreeks 21:00 Dinsdagaand is nog nie bekend nie. “’n Pa en sy seun is by ʼn huis in Blackbirdlaan geskiet. Die pa is in die arm gewond en die seun in die rug,” het Van Wyk gesê.

“Beide is in ʼn hospitaal opgeneem waar die seun aan sy wonde beswyk het. ʼn Derde persoon (21) wat ook in die huis was, is in die arm en boud geskiet en is ook hospitaal toe geneem.”

ʼn 24-jarige verdagte is kort na die voorval in hegtenis geneem, terwyl nog ʼn man (18) Woensdagoggend vasgetrek is.

Die verdagtes sal Vrydag in die Wynberg-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Liewe Heksie ·

was dit n ‘drug deal going wrong ‘ want die klink na n storie agter n storie So jammer vir die kind RIP

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.