Pa en seun bly agter tralies oor renosterhorings

Foto verskaf deur SAPD Mpumalanga

Alberto Nharreluga (46) en sy seun, Ernesto Nharreluga (26) bly in aanhouding ná hulle in hegtenis geneem is deur lede van die Middelburg-blitspatrollie in Mpumalanga.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die organisasie se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, het die ondersoek oorgeneem. “[Pa en seun] is op 20 April in hegtenis geneem deur die blitspatrollie tydens hul roetinepatrollie op die N4 tussen Alzu en Wonderfontein.”

Die mans, oorspronklik van Mosambiek, se voertuig is voorgekeer en deursoek. “Beamptes het op ʼn stel renosterhorings, ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie afgekom.”

Die twee het in die Belfast-landdroshof verskyn en hulle bly in aanhouding tot hulle volgende verskyning op 30 April wanneer hulle formeel sal aansoek doen om borgtog.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Anoniem ·

Wat het Hulle gedink toe hulle so gery het, ONS IS ONSIGBAAR – hoe naief ?

Cherokee ·

‘….aansoek sal doen on borgtog.’
Die toestaan van borgtog behoort tog te dui op ‘n moontlikheid van onskuldigbevinding, maar hulle is betrap met renosterhorings en ‘n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie. Die voertuig behoort ook gekonfiskeer te word want dit is gebruik om onwettige inkomste te genereer.

Christien vd Westhuizen ·

Hulle sal moontlik vlug sou hulle borgtog kry?

Marinda ·

Alberto, die boonste foto. Dis hoekom hulle pa en seun is.
Op die pa se gesig kan mens die jare se ondervinding sien.

Michelle ·

Was dit nou nie die grens se goue pooRte wat oopgegooi is vir werksgeleenthede nie maar al wat mens lees in die media is renoster stropery, dwelm smokkel, perlemoen smokkel khat wat gesmokkel word wil my voorkom die mense word ander beroepe geleer waarvoor hulle nie kom aansoek doen nie hulle kom net oor onwettig en kom plunder Suid-Afrika gee hom kans om uit te kom en hy is weg laat hom gevonnis word hier swaar straf sonder enige besoekers.

Thinus ·

Soos ek die Strafproseswet verstaan kwalifiseer hul nie vir borgtog as hulle onwettige immigrante is van Mosambiek af nie of as hulle hulself aan misdryf skuldig bevind het en daar is genoeg bewyse tot ‘n skuldigbevinding. Ongelukkig werk dit so in SA…as die geld reg is…is hulle more uit en het spoorloos verdwyn.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.