Alberto Nharreluga (46) en sy seun, Ernesto Nharreluga (26) bly in aanhouding ná hulle in hegtenis geneem is deur lede van die Middelburg-blitspatrollie in Mpumalanga.
Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê die organisasie se eenheid wat ernstige georganiseerde misdaad ondersoek, het die ondersoek oorgeneem. “[Pa en seun] is op 20 April in hegtenis geneem deur die blitspatrollie tydens hul roetinepatrollie op die N4 tussen Alzu en Wonderfontein.”
Die mans, oorspronklik van Mosambiek, se voertuig is voorgekeer en deursoek. “Beamptes het op ʼn stel renosterhorings, ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie afgekom.”
Die twee het in die Belfast-landdroshof verskyn en hulle bly in aanhouding tot hulle volgende verskyning op 30 April wanneer hulle formeel sal aansoek doen om borgtog.
- Alberto Nharreluga (Foto verskaf deur SAPD Mpumalanga)
- Ernesto Nharreluga (Foto verskaf deur SAPD Mpumalanga)
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Dis waar julle hoort en vir altyd moet bly.
Wat het Hulle gedink toe hulle so gery het, ONS IS ONSIGBAAR – hoe naief ?
‘….aansoek sal doen on borgtog.’
Die toestaan van borgtog behoort tog te dui op ‘n moontlikheid van onskuldigbevinding, maar hulle is betrap met renosterhorings en ‘n ongelisensieerde vuurwapen met ammunisie. Die voertuig behoort ook gekonfiskeer te word want dit is gebruik om onwettige inkomste te genereer.
Hulle sal moontlik vlug sou hulle borgtog kry?
Wie is pa en wie is seun,, lyk selfde vi my