Pa en seun, buurman in huisrooftog vermoor

Nooddiensvoertuie buite die moordtoneel in Arboreteum in Richardsbaai. (Foto: Netcare 911)

ʼn 61-jarige man wat sy bure se noodkrete gehoor en hulle te hulp wou snel, is in Richardsbaai in KwaZulu-Natal doodgeskiet kort nadat sy 42-jarige buurman en dié se 17-jarige seun minute tevore ook in hulle huis vermoor is.

Die vermoorde man se vrou is ernstig gewond.

Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici het op ʼn noodoproep gereageer by die huis in Forellelaan in Arboretum.

Volgens inligting het ʼn groep van vermoedelik drie mans, glo geklee in swart en met klapmusse op, die gesin omstreeks 00:45 in hulle woonstel oorval.

ʼn Struweling het uitgebreek en die ma is in die been geskiet.

Herbst het gesê die pa en seun is albei geskiet en was reeds dood toe paramedici op die toneel aangekom het.

Die aanvallers het klaarblyklik die lemmetjiesdraad bo-op die grensmuur van die perseel stukkend gesny en oor die muur gespring. Hulle het ná die aanval vermoedelik weer só ontsnap en weggejaag in ʼn voertuig wat naby die perseel geparkeer was.

Snuffelhonde het die spore gevolg tot waar die aanvallers vermoedelik in die voertuig geklim het.

Nóg ʼn seun en ʼn jong dogtertjie in die woonstel, is ongedeerd, het Herbst gesê.

Die aanvallers het glo met ʼn selfoon, handsak en juwele gevlug.

Kol. Thembeka Mbele, polisiewoordvoerder, het gesê die buurman is in die bors geskiet. Hy is ook op die toneel dood.

Niemand is nog in verband met die voorval aangekeer nie. Klagte van moord en poging tot moord word ondersoek, het Mbele gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Koos ·

Ja so word die blankes uit gemoor en niemand doen enige iets nie almal praat net en belowe!!! Gaan mos maar lekker hier in SA. Dit raak nou n sport soort vir hulle moord en roof!!

Ora ·

Ek het nie meer woorde vir al die sinnelose moorde en aanvalle nie. Waarvoor? Meestal ‘n selfoon en’ n TV. Soms voel dit vir my of my voorouers wat oor die Drakensberge getrek het, veiliger in hul ossewaens in die oop veld was as ons in ons bykans gepantserde huise.

Sonz ·

Ongeag die kleur van hul dit is hartseer en dit was n indieer pa en seun

matie willemse ·

Genoeg is genoeg, waarom moet ons wag tot dit ons beurt is, kom alamal, begin bom………………..

Dries du Toit ·

Agge nee. Ek kan nie anders dink dat dit n landswye georganiseerde moorde is op blankes nie. Dit kom ook na die Mandela sage. Here help ons om deur hierdie woestyn te kom

Danie ·

Vang en elimineer. Die belastingbetaler kan NIE meer betaal vir die boewe om in tronke te sit. Die Staat moet nou sy basiese pligte van opleiding, opvoeding en grensbeheer toepas. Die primere verantwoordelikhede van die Staat moet dringend nagekom word. Ons kan nie meer reaktief optree. Niemand is so doof soos die (Staat) wat nie wil hoor!!

Ek wonder ·

@Andre, ek lees ook nie dat dit blankes is nie. Neem ons nou maar net aan dat as iemand vermoor word dat dit altyd net blankes is? So saai ons nog verdeeldheid, of hoe?

Sonz ·

Die pa en seun was n indieers gewees maar ongeag die kleur ons dorp was tot disver baie veilig gewees en inbrake was gewoonlik plastiese tuin stoele so dit is n groot skok vir ons gemeenskap

Irma ·

Kleur het niks hiermee tedoen nie. Dit is mense lewens wat wederegtelik geneem is.

marous ·

Voor hul slang se kop nie verbrysel word nie , sal geen haan kraai nie .

Donderstorm ·

Ja so roei hul ons minderheids groepe in die land uit so basies kan hul doen wat hul wil met watter voorbedagte rade ookal en dan word gese o dit was n rooftog niks anders nie.

philip ·

Ek net n vraag oor al hierdie sinnelose moorde wat aangaan. Ek voel hulle word baie vinnig afgeskryf as “O dis net n rooftog”. Word daar oordendelike ondervraging gedoen oor die motiewe van die moordenaars. Hierdie is nie net om paar mense te beroof nie. As dit was, dan beroof net die mense.

Doen iets! ·

Pepersproei- elkeen behoort peppersproei by hom/haar te dra en spuit dit direk in sy gesig- moenie aarsel,wag of vrae vra nie. Of dra n vuurwapen aan jou lyf. Leer hoe om dit te gebruik. Nie in die kluis nie, aan jou lyf!

Waaron lees mens nog kommentare soos”doen iets Rhamapoza” of “ons gaan almal uitgemoor word” of “waar gaan dit eindig” ens.
Mense op plase, plotte – oral, loop onbeskermd rond. Almal weet van die moorde! Beskerm jouself, doen SELF iets.
Elke doodsberig is dit duidelik Baie slagoffers / niemand het stappe vir selfbeskerming nie- en dit op vandag se plase! Peppersroei is nie teen die wet nie, dit kan jou red en keer dat jy verkrag word. Dit gee kans dat jy kan wegkom en alarm maak.
LEER selfverdediging.

Susan Forret ·

Ek gee nie om wat die kleur van die slagoffers was nie….GENOEG IS GENOEG!!!!Dit is tyd vir Cyril Ramaphosa besef en aanvaar misdaad is heeltemal buite beheer. Nou is die tyd om dit stop te sit!!!!

Santie ·

Wit, Swart, Bruin, Indiers……Almal het ‘n kans om vermoor te word! Verskriklik! Hierdie mooi land waar almal van ons kon grootword sonder om oor ons skouers te kyk, lyk nou so ……

HM ·

Petisies werk nie meer nie
Vra en praat ook nie .Tyd dat ons saamstaan en aan n plan dink.

piet piet ·

Oor die land net perlemoen polisie het en nie regte polisie nie.

Aster ·

Ek voel niks meer vir die land nie. NIKS. Gaan na my kinders oorsee. Hul wag vir my.

netso ·

@ Mike Dis baie harde woorde wat jy uiter … ek het nie vir dit gestem nie, maar betaal die prys. My kind is in ‘n plaasaanval dood geskiet.

Anoniem ·

Liewe Vader wanneer gaan dit op hou, regtig so kan dit nie aan gaan nie en ramaposha sit met sy armpies gevou. Gou om ons belasting geld te spend maar niks word aan hierdie moorde op blankes gedoen nie. Tyd dat hulle begin wakker word stuur asb, hierdie die hele wereld in sodat daar gesien word in watse hool ons moet bly. Erens moet iemand begin iets doen oor hierdie situasie.

En nou? ·

Ek wonder of die wereld sal luister as iemand bewyse het dat ‘n sekere of sekere politieke partye die jagwoord gegee het vir hulle ondersteners om die wit mense te moor….

Rika ·

So jammer maak nie saak wat die kleur is nie. Die Ma het haar eggenoot en kind verloor en dis tragies. Hoop as hulle gevang word moet hulle vrot in die tronk.

Spike ·

Dankie cyril, comrades en kaders vir die sa julle gskep het. Julle keur die misdaadvlakke goed, want julle sê niks daaroor nie.

pieter ·

Baie tragies mag God die families bystaan , Baie optogte word gehou vir enige iets hoekom staan ons nie saam wit,swart,bruin en indier hou n optog oor al die misdaad in di land almal moet wegbly van werk daardie dag

Mark ·

Die storie klink verdag so baie moeite vir so min. Gewoontlik het hierdie mense ook nie klapmusse op nie en trek hulle nie almal “to match” aan nie. Ondersoek sal seker maar naby die huis moer begin.

Michelle ·

Ramaposa en Cele moet aangekla word. Daar is geen reg of geregtigheid in die land nie. Hul moet van bo begin skoon maak met wet en orde dan sal daar respek wees. Die kriminele en moordenaars het nie respek nie want die regering het dit nie. Elke liewe dag word onskuldig mense vermoor en niemand is meer daar oor bekommerd nie. Of kom ons se dit pla die regering glad nie. Dit het hom nog nie geraak nie.

JD ·

Ongeveer 2 % van die land se krimenele beheer 98 % van die land se mense . Kan ons werklik niks self doen daaraan nie , ons het in ń kultuur verval waar ons altyd wag vir iemand anders om iets te doen , wat het van ware leierskap geword ???

piet piet ·

Ek wonder hoeveel van die mense wat kla en nie meer hier wil wees nie het DA gestem?

Chris ·

Ðie Volksverraaies wat die ellende geskep het is de Klerk, Meyer, Wessels & Viljoen. Hulle het ‘n eens trotse volk vernietig. Gesinne is versprei oor die hele wêreld. Hul hande is bevlek van die bloed.

Perel ·

Ek is naar! Hoe verskriklik ongenadig en onnodig. Dit voel of jy met ‘n beklemming om jou hart rondloop… nie as nie maar wanneer…

Werner ·

My stem het ook niks beteken nie.
Vryheids Front plus waarom so stil. Nog niks van jul gehoor nie. DA beteken ook niks. Waar sal my hulp vandaan kom. Net van die Here.

Sooo seer ·

Abu was een van my leerders – ‘n teddiebeer wat’ n hart van goud gehad het.
Ons skool is stukkend seer oor n jongman wie se toekoms kort geknip is op die wreedste manier ooit. Ons bid Mamma en kindertjies JESUS toe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.