Pa en seun by plaashek geskiet, beroof

Argieffoto: Reint Dykema

Die polisie ondersoek ’n saak van gewapende roof nadat ’n pa en seun deur rowers op hul plaas in die omgewing van Walkerville, suid van Johannesburg, oorval is.

Albei het skietwonde tydens die voorval opgedoen en die pa moes na die hospitaal gehaas word.

Kapt. Kay Makhubele, woordvoerder van die polisie, het die voorval aan Maroela Media bevestig.

Volgens Makhubele is pa en seun Woensdag by die plaashek oorval waarna die verdagtes die pa van sy beursie beroof en op die vlug geslaan het.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het in ’n verklaring gesê pa én seun het albei ’n skietwond aan die bobeen gedurende die voorval opgedoen.

Volgens Meiring het pa en seun buite die plaashuis gesit met paramedici se aankoms op die toneel. Hoewel die seun se toestand in dié stadium stabiel was, was die pa in ’n ernstige toestand. Hy is pynmedikasie toegedien voordat albei na ’n private hospitaal gehaas is vir mediese behandeling.

Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

JohanR ·

Waar de kom al die geweere vandaan? Dit word soos America waar elke tweede ou ‘n wapen het, en die ander het ses wapens. Ek het iewers gelees dat een van die gevaarlikste plekke vir aanval op ‘n plaas is juis die in en uit hek. Tyd vir ietsie wat jy van ‘n distansie kan klik, en dan as jy moelikheid gewaar net deur jaag?

Termiet ·

Gelisensieerde Vuurwapens wat mense ingehandig het tydens amnestie.

Cherokee ·

Waar lees jy hulle is met ‘geweere’ geskiet? Dit sou meer waarskynlik handwapens gewees het. Soos in rewolwers of pistole.

Elsie ·

Ons liewe president kan vinnig praat oor genderbase violence maar nie 1 keer gepraat oor plaasaanvalle en moorde op ons boere nie. Daai noem ek rassisties. Net sy nasie tel by hulle maar hulle vergeet van die moorde op die mense wat sorg dat hulle kan eet………..skies het vergeet dit kom nie van die boere af nie hulle koop dit mos by checkers en woolworths. Groot grap die regering van ons

marius ·

Nie groot grap nie . Wel groot haters van alles wat wit is .

Michael 1 ·

Dit pas hom nie ,hy spreek hom gereeld uit oor wat hy van witmense dink en dan het hy nog wette in plek om teen witmense te diskrimineer.

Magda ·

en ramaphosa dink dit is nie ook n groot probleem in SA nie – SHAME ON YOU

Jurg ·

Al waaroor regering bekommerd is is sigarette klopjagte hoogty dat die hoed brigade vasgevat word.

Sêmanet ·

Die regering hou dit ook seker vir hulle self in ‘n stoor of iets. Ek kan nie dink dat dit “vernietig” word nie. Maar jy is reg, hulle konsentreer op nonsens. Hulle moet meer bekommerd wees oor die geweld en skelms.

Alida ·

Elsie gisteraand se toespraak deur CR het gehandel oor die aantal moorde die afgelope maand agv die drank wat oopgestel is. Plaasmoorde val onder heeltemal n ander kategorie. Dit sal wel bespreek word op die regte tyd.

Koos ·

Daar is nie die “regte tyd” om plaasmoorde te bespreek nie. Dis verby. Dit moet dringend aangespreek en hanteer word as minstens ‘n prioriteitsmisdaad. Soos wat die president Covid 19 as ‘n beleg aanskou waarteen oorlog gevoer moet word, so voel ek is die boere onder beleg en word daar teen hulle ‘n lae intensiteit oorlog gevoer. Minstens met regering se goedkeuring.

Reets ·

Dis kommerwekkend dat die polisie dit net kan bevestig maar geen verdere aksie word eens aanbeveel nie.

daniel ·

Ek verstaan nie hoekom die plaasbewoners nie terugskiet nie. Het hulle dan nie wapens nie?. Indien nie hoekom nie?.

Pierreli ·

Die tyd het gekom, eintlik al lankal hier, waar die wat wapens nog het, dit elke dag met hul moet saam dra.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.