Pa en seun gered toe waterponies omslaan

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gesin is Sondag uit die see by Melkbosstrand gered nadat hulle in die moeilikheid beland het toe hulle met waterponies in die see baljaar het.

Volgens JP Smit, burgemeesterskomiteelid van veiligheid en sekuriteit van die Stad Kaapstad, het die Milnerton-brandweer ʼn oefening by Melkbosstrand gehad, toe hulle bewus geraak het van die twee waterponies wat in welige seewier vasgesit het.

“Die ma en een van die kinders kon daarin slaag om die golwe te ontwyk, maar die pa en sy seun is deur die golwe van hul waterponies af geslinger,” het hy gesê.

Gelukkig het die twee reddingsbaadjies aangehad en kon hulle dus bo die water bly totdat brandweerbeamptes hulle na die strand kon bring. Die beamptes het ook daarin geslaag om die waterponies uit die golwe te kry.

Smith het vakansiegangers gemaan om uiterste sorg aan die dag te lê wanneer hulle in die see is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Kyk net wat die reddingsbaadjies beteken het. So dieselfde met veiligheidsgordels/babastoeltjies in voertuie. Moenie dink dit (ongelukke) gebeur net met ander.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.