Pa en seun gestraf oor renosterhoring, haaivin

Argieffoto bloot ter illustrasie. 

’n Pa en sy volwasse seun is vandeesweek tot 14 jaar tronkstraf in die Middelburgse streekhof gevonnis nadat hulle meer as twee jaar gelede in die besit van twee renosterhorings en ’n haaivin betrap is.

Kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, sê lede van die polisie in Middelburg se blitspatrollie het pa en seun, albei genaamd Alberto Ernesto Nharreluga, wat Mosambiekse burgers is, in April 2019 op die N4 in die omgewing van Mbombela (Nelspruit) voorgekeer.

Polisiebeamptes het hul voertuig deursoek en op twee renosterhorings en ’n haaivin afgekom. Die mans is in hegtenis geneem hoewel hulle probeer het om die polisiebeamptes R20 000 as omkoopgeld aan te bied.

Albei is vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en Biodiversiteit (Nemba) sowel as korrupsie aangekla voordat die dossier na die Valke in Middelburg verwys is vir ondersoek.

Pa (48) en seun (27) is Donderdag tot ses jaar tronkstraf vir die besit van renosterhoring gevonnis asook ’n verdere vyf jaar tronkstraf vir korrupsie en drie jaar vir die besit van ’n haaivin.

Die mans was vir die duur van hul verhoor in aanhouding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Di ·

Alweer IMMIGRANTE – dalk ook weer onwettig in die land gewees. Buurlande se mense is besig om ons land se wild en seelewe te vernietig. Daar is mos nou niks oor in hulle eie lande nie nou kom moor en roof hulle hier.

Gary ·

Lekker hom te hoor die polisie het nie die omkoop geld aanvaar. (as dit rerig so is)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.