Pa en seun in Johannesburg geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Man is dood en sy seun gewond toe twee mans in Marlboro, Johannesburg, op hulle motor geskiet het.

“Die 52-jarige man het Donderdagaand sy 20-jarige seun by die Gautrain-stasie opgelaai,” het kapt. Kym Cloete, woordvoerder van die polisie in Gauteng, Vrydag gesê.

Die twee verdagtes het die mans op die hoek van Lenin en Ladumastraat genader en skote deur die deur en ruit van die motor geskiet. “Die verdagtes het gevlug sonder om enigiets te steel,” het Cloete bygevoeg.

Die pa is op die toneel dood verklaar en die seun is na ʼn hospitaal geneem.

Die Alexandra-polisie stel ondersoek in. Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Willie ·

Net soos vele ander deel ek die skok en hartseer van die jong man wie sy vader verloor het en die ander gesinslede, mag jy volkome herstel en mag almal van onderskraag word om die sinnelose moord te verwerk

Hoe lank nog gaan ons hierdie gemors waarin ons in hierdie land verkeer, stilswyend duld ? Kommentaar en beredenering gaan niks maar niks verander nie.
Laat ons saamstaan en fisies betoog dat daar ‘n amptelike dag van rou verklaar word, ‘n dag waarop ons kan rou oor onder andere :
1. Die patetiese leiers van hierdie land
2. Die gebrek aan waardes in hierdie land
3. Die gebrek aan kameradie in hierdie land
4. Die vertrapping van armes en werkloses in hierdie land
5. Miskien die mees belangerike, die geestelike verval in hierdie land

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.