Pa en seun in Pta-huis geskiet

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa en seun is Vrydagoggend onder raaiselagtige omstandighede in ʼn huis in Montana, in die noorde van Pretoria, geskiet.

Ao. Johan van Dyk, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die motief vir die skietery is nog nie bekend nie. “Drie mans het omstreeks 11:00 aan die deur van die huis geklop en die eienaar het oopgemaak. Hy het besef iets is fout en het die veiligheidshek toegedruk, maar toe skiet die mans twee skote,” het Van Dyk gesê.

“Die man is in sy been getref en sy skoonseun is in die linkerarm getref. Daarna het die drie mans weggehardloop sonder om iets te vat.”

Chitra Bodasing-Harduth, woordvoerder van ER24, het gesê met paramedici se aankoms op die toneel het die pa, in sy 50s, op die vloer in die deur van die huis gelê en sy skoonseun, in sy 30s, het teen die muur gesit. “Hulle is op die toneel vir skietwonde behandel voordat hulle albei na ʼn hospitaal geneem is,” het Bodasing-Harduth gesê.

Van Dyk het gesê ʼn saak van poging tot moord word ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Mel ·

Dit raak elke dag net erger en erger!!!! En ons regering het ni tyd om na sulke sake om te sien ni, wanneer gaan iemand begin ruggraat kry en besef ons mense is besig om mekaar uit te Moor!!! Hoe lank gaan dit nog aanhou . Mense moet parraat wees as iemand aan hulle deure klop. Baie sterkte aan daardie 2 mans, hoop julle sterk gou aan.

danielmclion ·

Beste Mel, Dit is ni ‘n zaak/probleem van Afrikaanse Regering ni! Ooral in die wereld het dieselfde probleme! (Sorry My Afrikaans is slegs my 7e van 12 taal!) :)

@danielmclion ·

Myn Afrikaans is nie 100% nie. ( Belg in Amsterdam ) vraag: Ek sag “Ao” , wat is die betekenis? Staat nie in die Basiswoordeboek van Afrikaans (van J.L. van Schaik) nie. Help my! Dankie. P.s. Is er een Afrikaans “spelling corrector” .? Kan nie vind nie op My iPad. :/

Landi Slatter ·

Dagsê @danielmclion,

Dankie vir jou navraag. ‘Ao.’ is die afkorting vir adjudant-offisier. Hoop dit help!

Groetnis
Landi nms Maroela Media

reg ·

A/0 is die afkorting vir n polisie rangteken van Adjudant Offisier..

Danielmclion ·

Aan Landi, Reg : 3x Dankie! Ek had dit nooi ni begryp ni! zonder ullie komentaar! :)

Jan ·

Klink my daar is ander motiewe betrokke of daardie skieters is suiwer gek…..dit is ook moontlik,in vandag se SA!

Ex europeer ·

Danielmcloin, Dankie dat jy leer van Afrikaans. Suid Afrika was altyd baie gevaarliker, baie erger misdaad as meeste ander dele in die wereld, veral Europa. Nederland en Belgie was nog tot onlangs toe BAIE veiliger, kon nie eers vergelyk nie. Maar noudat jy sê dat dit nou net so erg is daar in Europa kan ek nie help om daaraan te dink dat Europa nou vol immigrante geword het nie. Enige verband?

Andrea ·

Danielmclion, lekker om jou kommentaar en insigte te lees. Ek stem egter nie saam nie: dis n land se regering se plig en verantwoordelikheid om sy burgers veilg te hou. Ons betaal baie belasting waarvan ons as burgers NIKS sien nie. Flenter paaie, swak staatshospitale, nie altyd hulp vanaf die pilisie wanneer jy hul kontak nie, swak onderwys ….

Koos ·

Die diewe wou inbreek hulle werk altyd in spanne van drie modus operandi klop aan die deur as niemand oopmaak nie breek hulle die deur oop……weereens ‘n bewys dat daar nie misdaad voorkoming gedoen word nie ,diewe teiken ‘n gebied waar misdaadvoorkoming min of geen is nie.

Hannes ·

In SA maak jy nie net jou deur oop nie. Maak seker wie daar is voor jy dit doen!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.