ʼn Pa en seun is Sondagoggend omstreeks 06:50 kritiek beseer in ʼn motorfietsongeluk in Pretoria-Noord.
“Die pa en seun was glo op pad om aan die jaarlikse Toy Run deel te neem toe ʼn motor hulle van die kant af getref het,” het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, in ʼn verklaring gesê.
Die twee pasiënte het ongeveer 40 meter van die fiets af gelê. “Paramedici het gespook om die kritiek beseerde pa en seun te stabiliseer en die pa is met ʼn Netcare-helikopter en die seun met ʼn ambulans na ʼn nabygeleë hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Botha bygevoeg.
Die polisie stel ondersoek in.