Pa en seun kritiek ná motorfietsongeluk

Argieffoto Foto: ER24

Argieffoto Foto: ER24

ʼn 50-jarige pa en sy 17-jarige seun is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hul motorfiets Dinsdag teen ʼn bakkie in Florida, Johannesburg,  gebots het.

Volgens Russel Meiring, ʼn woordvoerder van ER24, het die ongeluk op die hoek van Ontdekkersweg en Koppiestraat plaasgevind. Volgens ooggetuies het die bakkie glo voor die motorfiets ingedraai.

“Albei persone op die motorfiets is glo deur die lug geslinger,” het Meiring gesê.

Paramedici het die pa en die seun langs die pad aangetref. Hulle is op die toneel gestabiliseer en na die Helen Joseph-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die polisie ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.