Pa en seun sterf weens rookinaseming

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Pa en sy seun is in Delareyville in Noordwes oorlede nadat hulle giftige rook ingeasem het.

“ʼn 53-jarige man en sy seun is Saterdag dood nadat hulle rook ingeasem het van ʼn steenkoolvuur,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê.

Mokgwabone het gesê die polisie is besorg oor sake wat gedurende hierdie tyd van die jaar aangemeld word wanneer persone sterf weens vure wat hulle maak. “Persone sterf soms weens nalatigheid. Die polisie raai die gemeenskap aan om versigtig te wees, veral wat stukkende elektrisiteitskabels betref, asook oorlaaide elektriese proppe, kortsluitings, swak berging van vlambare vloeistowwe en chemikalieë en kerse.”

Volgens hom word van die brande ook gestig weens onverskillige rokers. “ʼn Persoon kan dalk ʼn sigaret op ʼn meubelstuk of ʼn mat laat val. Dit smeul ure lank en wanneer iets uiteindelik aan die brand slaan, slaap die huishouding.”

Die polisie het gesê verskeie sake is aangemeld, insluitend ʼn 60-jarige man wat Donderdag in Wolmaransstad dood aangetref is met gebrande voete.

ʼn Man het ook in Klipgat doodgebrand. Die oorsaak van die brand is vermoedelik ʼn kers wat omgeval het.

Die polisie doen geregtelike doodsondersoeke in alle gevalle.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Pietertjie ·

Nou wat het elektriese muurproppe, elektriese kabels of sigarette uit te waai met iemand wat langs ‘n steenkoolvuur sit en rook inasem? Niks word oor ventilasie gerep nie, wat sweerlik verantwoordelik was vir die sterftes nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.