Pa en seun vas oor wapens, diere

Argieffoto

Argieffoto

Willem Nel (49) en sy 21-jarige seun, ook Willem, het in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn nadat hulle in hegtenis geneem is op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

Lt. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Nel jr. is op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl die saak teen Nel sr. voorlopig teruggetrek is. Volgens Netshiunda is daar klopjagte op die pa sowel as die seun se huise op kleinhoewes naby Hammanskraal uitgevoer waarna hulle in hegtenis geneem is.

Netshiunda het gesê lede van die Valke en die nasionale intervensie-eenheid sowel as inspekteurs van omgewingsbestuur was deel van die klopjag. Volgens Netshiunda is daar tydens die klopjagte op ʼn .38-rewolwer, ʼn 12 boor-haelgeweer, drie tuisgemaakte 12 boor-haelgewere en 1 124 rondtes ammunisie vir verskeie vuurwapens beslag gelê.

Netshiunda het gesê die inspekteurs van omgewingsbewaring, wat ʼn hangende saak teen Nel sr. het, het op 81 diere beslag gelê nadat Nel sr. glo nie die nodige dokumentasie kon verskaf om die diere aan te hou nie. Volgens Netshiunda is daar onder meer op leeus, wildehonde en bobbejane beslag gelê. Hy het gesê die jongste geval sal moontlik by die bestaande saak gevoeg word.

Die saak teen Nel jr. is intussen vir verdere ondersoek tot 20 Januarie 2016 uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Peet Schabort ·

Hier is nie fout te vinde met die Valke ens. se optrede.
Sou dit moontlik wees om dit ook uit te brei na diegene wat R5’s, AK47’s ens. gebruik vir plaasmoorde ens. of is dit dalk té veel gevra?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.