Pa en seun vas oor wapens

Argieffoto

ʼn Pa en seun van Mpumalanga is in hegtenis geneem en het in die hof verskyn op aanklagte van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

Volgens kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het die pa en seun Maandag in die Mkhuhlu-landdroshof, sowat 18 km buite Hazyview, verskyn. Hulle bly in aanhouding en moet op 13 November weer in die hof verskyn.

Bhembe het gesê die polisie het inligting ontvang oor twee mans wat glo by renosterstropery betrokke is en dat die inligting hulle na ʼn huis in Calcutta, ook naby Hazyview, gelei het. Die pa en seun se huis is deursoek en daar is op twee vuurwapens beslag gelê.

Volgens Bhembe is daar op ʼn .458- en .375-jaggeweer, wat in die slaapkamers weggesteek was, beslag gelê.

Die polisie het nog nie in dié stadium bekend gemaak hoe die verdagtes met renosterstropery verbind word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Adam ·

Kyk die verskil in hierdie saak Die vorige berig is die persoon nie eers inhehegtenis geneem terwyl hy n persoon geskiet het en hierdie 2 is in besit van ongelensieerde wapens maar word aangehou Hoe verklaar mens dit Is die regstelsel verkeerd of maak SAPD maar soos hulle wil

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.