ʼn 33-jarige pa van Ladysmith het Donderdag in die hof erken hy het op 30 Mei sy twee kinders in hul beddens met ʼn mes doodgesteek.
Lt.kol. Shooz Magudulela, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse polisie, het gesê die pa, Mkhonzeni Bernard Mdladla, het in die Madadeni-hooggeregshof skuld beken op twee aanklagte van moord.
“Mdladla het op 30 Mei omstreeks 20:00 na sy voormalige vriendin se huis in die Gudlintaba-gebied in St. Chads gegaan, waar die kinders, wat vier en ses jaar oud is, in hul beddens geslaap het,” het Magudulela gesê. ʼn Onderonsie het ontstaan en die kinders se ma en ouma wat by die huis was, het glo uit vrees vir Mdladla weggekruip.
“Mdladla is na die kinders se kamer, waar hy hulle met ʼn mes in die nek en maag gesteek het voordat hy gevlug het,” het Magudulela gesê. Bongukwenza Mlungiseni Mdladla (4) en Thandiwe Lusanda Madladla (6) is op die toneel dood.
Mdladla is ʼn dag ná die moorde in die Ladysmith-sakesentrum in hegtenis geneem. Hy sal Vrydag gevonnis word.
Gaan lekker sit ons belasting betalers moet vir hom sorg Pleks dat hy GEHANG word maar hul weet die tronk is a paradys
Ja jy het herken…. so darem gaan dit nou nie lank vat , sodat hul jou kan toesluit vir ewig… die bewyse is daar… tensy jy ook nou n sielkundigge probleem het??? en die saak ook weer oor en oor uitgestel word…mag jy daai beeld vir ewig voor jou sien afspeel… jou siel siek man…onskuldigge kinders… wat jou niks gedoen het”’mag jou vonnis die moeitte werd wees.. lewens lank
Die doodstraf MOET terug kom. Hierdie moordenaars is net suurstofdiewe en ons belastingbetalers moet hulle onderhou met voorgeskrewe gebalanseerde diete edm tot die dood toe. Dis verregaande.